X

inhoud

nuus

Lennie Gouws sê die grootste uitdaging was die omvang van die materiaal wat sy moes deurwerk. “Dit voel soms vir my asof ek met die versameling van inligting ʼn klomp gekleurde kraletjies in ʼn groot bak bymekaar maak, wat elk volgens kleur gegroepeer moet word. Hoewel moderne tegnologie dit makliker maak, bly dit steeds ʼn reusetaak.”

Frans Lion-Cachet

Daar is goud

agter die gordyn

ʼn Omvattende boek oor die geskiedenis van NWU-PUK Kunste, die Potchefstroomkampus se kunste-afdeling, verskyn in 2016.

 

Die NWU & U het met die skrywer, Lennie Gouws, en personeel wat daarby betrokke was, gesels oor dié boek: PUK Kunste – die geheim agter die gordyn, se onskatbare waarde.

 

“Gee vir jongmense ʼn platform waar hulle hul talente kan vertoon en hulle sal jou wys wat hulle kan doen.”

 

Die waarheid van dié wyse woorde van Horst Bütow, voormalige direkteur van die NWU-PUK-Kunste, is deur die jare telkens bevestig met die uitmuntende produksies, uitstallings en vertonings wat onder die vaandel van NWU-PUK-Kunste gelewer is.

 

Dit is ʼn ryke geskiedenis wat ’n verskeidenheid kunsvorms insluit. NWU-PUK-Kunste is die voog van verskeie kunsteverenigings soos dié van die kampuskoor en -simfonieorkes, Thalia, Divaco en die Serenaders.

As organiseerders van verskeie aktiwiteite soos onder andere die Pukkie-Talentfees en Varieté, skep NWU-PUK-Kunste jaarliks platforms vir jong en opkomende talent.

 

NWU-PUK-Kunste sluit die Artéma-instituut vir Kunstebestuur en -ontwikkeling, die kunsgalerye op die kampus, Alabama-produksiehuis en die opname-ateljee in die Heimatgebou in. ’n Deel van hierdie platforms is NWU-PUK-Kunste se laboratoriums wat die Sanlam-ouditorium, Heimatsaal, Cachet-kleinteater en die Totiussaal insluit.

 

Groot name in die vermaaklikheidsbedryf het die kunste by die voormalige Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys en later by die NWU laat leef.

 

Die groot name sluit in Johan van Rensburg, Rina Hugo, Christa Steyn, Karin Hougaard, Anna Davel, Erica Eloff, André Howard, Kobie van Rensburg, Jacques Imbrailo en Rudolf de Beer wie se stories ook in die boek opgeteken is.

 

Die indrukwekkende plakboek van die PUK-Koor was een van die kosbare bronne wat Lennie in haar navorsing gebruik het. Lennie GouwsLywige boek vertel kunsstorie

 

Lennie Gouws, skrywer van die boek, sê prof Rikus Fick, dekaan vir studentesake op die Potchefstroomkampus, het haar gevra om die boek te skryf. Dié lywige boek van 581 bladsye sou oorspronklik gegaan het oor die ontstaan en groei van die Kultuurkantoor wat Horst in 1980 gestig het, en wat tot NWU-PUK-Kunste gegroei het.

 

“Horst en die Kultuurkantoor was egter by soveel aktiwiteite op die kampus betrokke dat die boek veel groter geword het.”

 

Argief is skatkamer

 

Lennie sê al die personeel van NWU-PUK-Kunste, veral Horst, Peet Ryke, Chris de Bruyn en Pieter de Bruin, het baie moeite gedoen om te help met inligting.

 

Om die inligting bymekaar te kry was soos ʼn skattejag en die groot skatkamers was PUK-Kunste se argief, insluitend die Alabama-argief.

 

Erfenis meer werd as geld

 

Jaco van der Walt, direkteur van NWU-PUK-Kunste, som dit raak op wanneer hy sê ʼn boek soos dié se waarde kan nie in geldterme gemeet word nie.

 

“Dit is suiwere inspirasie om die rykdom van die universiteit se kunste, wat al in die 1940’s begin het, so in jou hande te kan vashou.”

 

 

NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto’s of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

“ʼn Goeie verlede voorspel ʼn goeie toekoms,” sê Jaco van der Walt, voormalige direkteur van PUK-Kunste (regs). By hom is Peet Ryke, bestuurder vir kunste (links) en Horst Bütow, voormalige direkteur van NWU-PUK-Kunste (middel).

Voorblad

Digter Lesego Matheatau van die Potchefstroomse gemeenskap het aan die Spoken Word Festival wat die NWU-galery gereël het, deelgeneem. Die galery is deel van NWU-PUK Kunste op die Potchefstroomkampus.

Francois Lion-Cachet

Navigasie

>

Volgende artikel

Vorige artikel

Klank

video

meer inligting

Klik

deel

>

NWU & U  |