X

inhoud

Redaksioneel

NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto’s of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Nelia Engelbrecht,

redakteur

Beweeg oor die foto's om die span te ontmoet.

Willie du Plessis

Kontak gerus ons NWU & U-joernalis, Willie du Plessis, met enige nuuswenke of -navrae.

E-pos

Marelize Santana

Indien jy probleme ondervind met die navigasie (gebruik) van die digitale NWU & U, is jy welkom om Marelize Santana te kontak.

E-pos

Laat jou vingers klik

Beste alumni

 

Een klik. So maklik is dit om via hierdie splinternuwe elektroniese NWU & U met ons te kommunikeer.

 

Soos julle kan sien, het ons die GROOT STAP geneem: ons het die NWU & U se gedrukte papierbaadjie met ’n gladde, blink elektroniese baadjie vervang. Hierdeur word ons pens en pootjies deel van die digitale era, bespaar ons op drukwerk en verspreidingskoste, en verklein ons ons koolstofvoetspoor. Maar die belangrikste is dat ons nou vir julle, ons alumni, gee wat julle gevra het.

 

Maar hoe weet ons wat julle wil hê? Wel, kyk gerus hieronder na van die uitslae van 'n kommunikasie-oudit wat in Augustus 2015 bekendgestel is:

 

 

Beweeg oor die verskillende dele om die resultate te sien.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Altesaam 28% van NWU-alumni-respondente verkies dus om enige kommunikasie oor die universiteit in die vorm van elektroniese nuusbriewe te ontvang, terwyl 29% e-pos verkies. Die derde gewildste kanaal vir kommunikasie (12%) is Facebook, met gedrukte media in die vierde plek (9%).

 

Wat dit vir ons sê, is dat die meerderheid van die 4 577 deelnemers aan die opname nie gedrukte kommunikasie so belangrik as elektroniese kommunikasie ag nie – 'n goeie rede vir ons om van papier na skerm te skuif.

 

“Ons is baie trots op hierdie meer omgewingsvriendelike benadering, en ons hoop dat julle – ons lesers – dieselfde voel.”Frekwensie

Verder gaan die NWU & U van nou af ook vier keer in plaas van twee keer 'n jaar verskyn. Hierdie verandering is ook na aanleiding van die oudit gemaak.

 

Altesaam 49% van die alumni-respondente het aangedui dat hulle gereelde kommunikasie verkies, terwyl 41% net van die NWU wil hoor wanneer iets belangriks hier gebeur. Wat eintlik die deurslag gegee het, was dat respondente nie halfjaarlikse kommunikasie (soos met die gedrukte NWU & U) as doeltreffend genoeg beskou nie.

 

Ons is baie trots op hierdie meer omgewingsvriendelike benadering, en ons hoop dat julle – ons lesers – dieselfde voel.

 

So, laat jou vingers digitaal deur ons nuwe NWU & U blaai en onthou om oral te klik waar jy kan. Stuur gerus vir ons 'n e-pos of "like" ons op Facebook.

 

Nelia en die
NWU & U-span

 

 

Voorblad

Digter Lesego Matheatau van die Potchefstroomse gemeenskap het aan die Spoken Word Festival wat die NWU-galery gereël het, deelgeneem. Die galery is deel van NWU-PUK Kunste op die Potchefstroomkampus.

Francois Lion-Cachet

Navigasie

>

Volgende artikel

Vorige artikel

Klank

video

meer inligting

Klik

deel

>

NWU & U  |