X

inhoud

Profiele

Vrou van staal

met 'n hart van goud

As ’n vrou wat ’n tuiste in die staalnywerheid gevind het, staan Mayleen Kyster soos 'n wolkekrabber in die woestyn uit – en dis 'n posisie wat sy in haar guns laat tel.

 

Mense praat en skryf baie oor die uitdagings wat vroue in manlik-gedomineerde industrieë soos die mynwese, metale en konstruksie te bowe moet kom, maar tog is daar ook voordele daaraan verbonde.

 

Mayleen beskou byvoorbeeld vrouwees as haar mededingende voorsprong in die staalnywerheid. Sy glo dat – in die hitte van die stryd, wanneer die kompetisie op sy strafste is – juis daardie faktore wat jou van ander spelers onderskei, die deurslag gee.

 

Toegerus met die MBA wat Mayleen aan die NWU verwerf het, is sy tans die stigter en direkteur van Africa Steel Holdings.

 

“Staal het my gekies – dit was nie deel van my plan nie – maar wat my in die bedryf hou, is my belangstelling in staal, die mededingende aard van die besigheid, en die feit dat ek 'n vrou in die bedryf is,” sê Mayleen (oftewel “May”).

 

Sonder grense

 

May, wat ook 'n BCom-graad en sertifikaat in projekbestuur van Wits Universiteit het, was aanvanklik van plan om ’n geoktrooieerde rekenmeester te word, maar het toe in plaas daarvan ’n MBA verwerf.

 

In daardie stadium het sy in Vanderbijlpark gewoon, waar sy as rekenpligtige beampte vir ArcelorMittal Suid-Afrika gewerk het. Die NWU was dus 'n logiese keuse vir haar MBA-studies.

 

Gewapen met haar MBA was haar doelwit om uiteindelik haar eie baas te word. Dit het egter nie dadelik gebeur nie. Met die sekuriteit van 'n gereelde salaris aan die een kant en die droom van haar eie besigheid aan die ander kant, het sy maar veilig gespeel en vir die volgende 10 jaar 'n werknemer gebly in plaas daarvan om 'n entrepreneur te word.

 

In April 2015 het sy uiteindelik die sprong gewaag en haar eie baas geword. “Dit is hoe Africa Steel tot stand gekom het – uit my liefde vir Afrika en vir staal.”

 

Volg haar drome

 

Nog een van haar drome het waar geword toe sy die Alpha Foundation Africa begin het. Dié organisasie sonder winsbejag gee uitvoering aan Africa Steel se gemeenskapsontwikkelingsinisiatiewe.

 

“Ek ondersteun 'n sokkerontwikkelingsklub, werk as vrywilliger by kinderhuise, en mentor 'n hele paar jong entrepreneurs,”sê May.Haar toekomsplanne sluit onder andere vennootskappe met ander rolspelers in die staalbedryf in, om so entrepreneurskap onder jongmense, onderwys en gesondheid te bevorder.

 

Glad nie spyt nie

 

Hoewel die lewe nie altyd volgens plan verloop het nie, is daar niks waaroor May spyt is nie.

 

“My lewe is nou meer volmaak as wat ek ooit gedink het dit kon wees. Ek is absoluut vervul – tuis, in my kerk, my werk en in my stigting, wat my lewensdoel is. Wanneer ek terugdink aan oomblikke wat pyn en teleurstelling veroorsaak het, besef ek dat dit deel was van my reis en is ek so dankbaar vir die lesse wat ek daaruit kon leer,” sê sy.

 

“Daar is 'n uitdrukking wat sê dat jy die somtotaal van jou lewenservarings is. Ek neem eienaarskap van al my besluite en aksies, en ek sou dieselfde foute weer maak sodat ek bly leer terwyl ek ouer en wyser word.”

 

 

May Kyster het haar MBA op 26-jarige ouderdom verwerf.

May was nog altyd mal oor baldans ("ballroom dancing").

 

“In my laerskooljare het ek ná skool in die gemeenskapsaal gedans. Vandag is ek mal oor dansprogramme – jy sal my nie geroer kry terwyl ek Strictly Come Dancing kyk nie.

 

“Sodra my besigheid gestabiliseer het, gaan ek myself en my vyfjarige seuntjie, Rocco, by 'n dansstudio inskryf,” sê May.

 

           Kom ons dans!

 

 

NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto’s of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Alumna May Kyster staan aan die stuur van haar besigheid, Africa Steel Holdings.

Voorblad

Digter Lesego Matheatau van die Potchefstroomse gemeenskap het aan die Spoken Word Festival wat die NWU-galery gereël het, deelgeneem. Die galery is deel van NWU-PUK Kunste op die Potchefstroomkampus.

Francois Lion-Cachet

Navigasie

>

Volgende artikel

Vorige artikel

Klank

video

meer inligting

Klik

deel

>

NWU & U  |