X

inhoud

nuus

“Die Raad het 'n manier gevind om ons universiteit vorentoe te neem as 'n inklusiewe universiteit waar 'n fokus op maatskaplike geregtigheid deel van al ons aktiwiteite vorm, ook van ons strewe na groei in ons akademiese uitnemendheid.”

- Adv Johan Kruger, (SC), raadsvoorsitter


Dit behoort aan ons almal

 

Prof Dan Kgwadi, visekanselier, is bly oor die Senaat en die Raad se goedkeuring van die nuwe strategie en struktuur.

 

Terwyl hy met NWU-personeellede op die kampusse en by die Institusionele Kantoor gepraat het, het hy herhaaldelik gesê dat die eer almal toekom wat by die NWU betrokke is. “Dit is nie my plan of model nie – dit is ons almal s'n en ons moet eienaarskap daarvan neem.”

 

Met gesamentlike eienaarskap van ons nuwe strategie en struktuur, ons voete ferm op die aarde en ons oë op die rigtinggewende ster, is ons gereed om die nuwe NWU-pad aan te durf.

 

Ons nuwe struktuur:

die pad onder die sterre

Behalwe ’n nuwe strategie, het die NWU-Raad ook op 20 November 2015 ’n nuwe struktuur vir die NWU goedgekeur.

 

Waar die strategie en sy verskillende komponente die rigtinggewende sterre op ons toekomstige reis is, is die veranderde struktuur en bedryfsmodel die pad wat ons bou om ons by ons finale bestemming te bring.

 

Met ander woorde, om die strategie (ons rigtinggewende sterre) uit te voer, het ons 'n nuwe struktuur en bedryfsmodel (die pad waarlangs ons moet reis) nodig.

 

Die nuwe struktuur is ontwerp om beter belyning, integrasie en samehang van akademiese programme en standaarde moontlik te maak, terwyl die kompleksiteit van ons multikampusinstelling steeds in gedagte gehou word.

 

Eerste treë

 

Alles kan nie oornag verander nie, en daarom volg ons 'n infaseringsbenadering.

  • Ons sal begin deur die senior institusionele bestuur en kampusbesture, institusionele en kampus korporatiewe dienste, en die bestuurstrukture van die fakulteite te herstruktureer.

  • Tydens die tweede fase sal skole, eenhede, sentra en ander organisatoriese entiteite in oorleg met studenteverteenwoordigers en personeel volgens 'n realistiese implementeringsplan herstruktureer word.

 

In alle gevalle sal die wettige roetes ten opsigte van die toepaslike arbeids- en ander regsvoorskrifte gevolg word.

 

'n Kykie van naderby

 

Kom ons kyk nou na die nuwe struktuur.

 

Die bedryfshoof van 'n kampus sal in die vervolg 'n adjunkvisekanselier wees. Hierdie pos sal meer as net 'n naamsverandering van die huidige kampusrektorspos wees. Die adjunkvisekanselier sal 'n strategiese uitvoerende funksie hê wat oor die hele universiteit heen strek, insluitende byvoorbeeld institusionele navorsing en beplanning, en internasionalisering.

 

Die uitvoerende dekane, wat aan die hoof van die universiteitswye fakulteite sal staan, sal aan die adjunkvisekanseliers van onderrig en leer, en vir onderrig-leer en vir navorsking, innovasie en tegnologie verslag doen.

 

Vir meer inligting oor die herstrukturering van fakulteite, klik op die teks in die beeld hieronder.

  • diegroter prentjie

    'n Enkele uitvoerende dekaan sal aan die hoof staan van elk van die agt belynde fakulteite, wat oor al die NWU-kampusse sal strek (in plaas van die huidige 15 kampusgebaseerde dekane en fakulteite).

  • dieagt fakulteite

    Fakulteit Natuurwetenskappe, Fakulteit Gesondheidswetenskappe, Fakulteit Geesteswetenskappe, Fakulteit Regte, Fakulteit Teologie, Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, Fakulteit Opvoedingswetenskappe en Fakulteit Ingenieurswese.

  • Leisels in
    die hand

    Die uitvoerende dekane sal aan die adjunkvisekanseliers vir onderrig-leer en vir navorsing, innovasie en tegnologie verslag doen oor strategiese en funksionele aangeleenthede. Hulle sal verantwoordelik wees vir die belyning van akademiese programme en standaarde regdeur die universiteit (teenoor die huidige struktuur waar kampusdekane deur die viserektore aan die kampusrektore rapporteer).

  • Fakulteitsbestuur

    Daar sal bestuurders op die kampusse wees, soos adjunkdekane (of ander senior akademiese bestuurders, afhangende van die grootte en kompleksiteit van die fakulteit)
    om spoedige besluitneming en responsiewe kliëntedienste
    te verseker.

NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto’s of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

 

Voorblad

Digter Lesego Matheatau van die Potchefstroomse gemeenskap het aan die Spoken Word Festival wat die NWU-galery gereël het, deelgeneem. Die galery is deel van NWU-PUK Kunste op die Potchefstroomkampus.

Francois Lion-Cachet

Navigasie

>

Volgende artikel

Vorige artikel

Klank

video

meer inligting

Klik

deel

>

NWU & U  |