X

inhoud

Profiele

’n Vyfster-loopbaan

vir Dok Mornet

Dit was ’n advertensie in ’n Sondagkoerant wat dr Reinie Mornet in die hotelbedryf laat beland het.

 

Hy het pas sy tweede graad voltooi toe hy sien die nuutgestigte hotelraad is op soek na inspekteurs vir die gradering van hotelle. Nadat hy vir ’n jaar by verskillende hotelle in Kaapstad as ’n kwekeling deur die hotelraad aangestel is, is hy uit 400 aansoeke as een van sewe inspekteurs aangestel.

 

Wat gevolg het, is ’n lang en luisterryke loopbaan in die gasvryheidsbedryf waarin hy naam gemaak het as ’n mentor, akademikus en baanbreker.

 

Reinie was instrumenteel in die ontstaan van ’n nuwe hotelskool op die Aucklandparkkampus van die destydse Goudstadse Onderwyskollege. Hy was hoof van Technikon Witwatersrand se hotelskool toe hy die groen lig gekry het om voltyds as bemarker en fondsinsamelaar vir die nuwe skool op te tree.

 

Binne ’n tydperk van 39 maande het hy R32,4 miljoen gewerf en die nuwe hotelskool het sy deure in 2005 onder die vaandel van die Universiteit van Johannesburg geopen.

 

Hy beskryf dit as die kersie op die koek van die 33 jaar wat hy aan die Technikon Witwatersrand verbonde was.

 

 

Uitspan in Potchefstroom

 

Reinie het sy studieloopbaan in 1961 in Pretoria begin terwyl hy voltyds gewerk het. Nadat hy ál vyf sy eerstejaarsvakke geslaag het, is hy ’n beurs aangebied om voltyds by die voormalige Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (nou die NWU) te studeer.

 

Ná sy BA en BAHons studies, het hy ’n MA in Suid-Afrikaanse geskiedenis voltooi voordat hy in die laat 1970’s ’n HBA en MBA verwerf het. Hy het kort daarna sy doktorsgraad in bedryfsadministrasie (DBA) verwerf, met navorsing wat op hotelbestuursopleiding met spesifieke verwysing na die Suid-Afrikaanse hotelbedryf gefokus het.

 

Hy dink met ’n vonkel in sy oog terug aan sy alma mater en veral die tyd as koshuisbrak in Uitspan-manskoshuis.

 

“Ons was slegs 36 inwoners met ’n ongelooflike kameraderie en gees wat nie altyd tred gehou het met genoegsame studie en voorbereiding vir toetse nie.” Hy was een van die min studente destyds wat ’n motor gehad het en as daardie blou Fiat 600 kon praat, sal hy jou lank besig hou met staaltjies uit sy studentedae. Ondermeer dat agt studente “met gemak” in die motortjie ingepas het ná ’n rugbywedstryd in Klerksdorp vir die terugtog na die koshuis in Potchefstroom.

 

Hy het hom as ’n kranige sportman onderskei. Behalwe dat hy hokkie gespeel het, was hy ook kaptein van die universiteit se eerste krieketspan, en is hy in 1965 hy as studenteraadslid vir sport verkies.

 

Ná 39 jaar is hy steeds lid van die Blou Bulle se vereniging vir rugbyskeidsregters en het hy as langafstandatleet al meer as 32 000 kilometers afgelê en 64 marathons en 556 halfmarathons van 1982 tot nou voltooi.

 

Hy is al langer as 30 jaar met Petra getroud en die egpaar het vier kinders en ses kleinkinders.

 

 

Dr Reinie Mornet en sy vrou, Petro, geniet ’n glasie wyn in ’n restaurant in Sestet, Provence, in Frankryk. “Petro het ’n baie groot bydrae in my loopbaan gelewer aangesien sy as departementshoof en senior lektor my in alles bygestaan het met uiters sinvolle raad en ook positiewe onderskraging waar dit nodig was,” sê hy.

NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto’s of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Reinie en Petro het in April 2015 ’n draai gaan maak in die wynstreke van Nederland en Frankryk. Hier ontspan hulle in die restaurant van die Stenden Universiteit se hotelskool in Leeuwarden in Nederland.

 

Harde werk lei na sukses

 

Reinie se betrokkenheid in die hotelbedryf het gehelp om formele en informele netwerke en strukture met hotelskole regoor die wêreld te vestig. Hy was onder meer ’n stigterslid van die Sub-Sahara Hotelskool Assosiasie in Nairobi en het ook die SA Hotelskool Vereniging op die been help bring.

 

Sy verbintenis met die bedryf duur voort, selfs ná sy aftrede. Hy is die afgelope 13 jaar lid van die advieskomitee van die Nederlandse Stenden Universiteit se kampus op Port Alfred, waar hy reeds sewe jaar die voorsitter is.

 

Voorblad

Digter Lesego Matheatau van die Potchefstroomse gemeenskap het aan die Spoken Word Festival wat die NWU-galery gereël het, deelgeneem. Die galery is deel van NWU-PUK Kunste op die Potchefstroomkampus.

Francois Lion-Cachet

Navigasie

>

Volgende artikel

Vorige artikel

Klank

video

meer inligting

Klik

deel

>

NWU & U  |