REDAKSIONEEL

Prof Dan Kgwadi

Boodskap van

die visekanselier

Geagte alumnus,

 

Julle, as alumni van die Noordwes-Universiteit, sal bly wees om te hoor ons het stilweg aan ons kernbesigheid bly werk, met minimale ontwrigtings. Trouens, ons het tot dusver hierdie jaar geen akademiese tyd verloor nie. Daarvoor is ons dankbaar.

 

Ek vertrou egter dat julle ook die wonderlike prestasies van die NWU se personeel, studente en alumni raakgesien het. Klik hier om te sien hoe die NWU gestruktureer is vir sukses.

 

Ons sportspanne het byvoorbeeld in hul nuwe pers uitrustings gespeel. Die pers is opvallend en die spanne verteenwoordig die unitêre universiteit in verskillende sportkodes en by verskillende geleenthede met onderskeiding.

 

Ons studente en personeel blink ook steeds uit in hul onderskeie dissiplines. Twee voorbeelde is prof Ilani Loubser wat met die toekenning vir die Onderskeidende Jong Vrouenavorser: Sterrekunde ontvang het en prof Nicolene Barkhuizen wat met die Onderskeidende Jong Navorser: Geestes- en Sosiale Wetenskappe weggestap het. Albei toekennings is op 23 Augustus tydens die toekenningseremonie van die 2018 Suid-Afrikaanse Vroue in Wetenskap (SAWiSA) oorhandig.

 

Al lyk die NWU dalk nie meer soos die universiteit wat julle agtergelaat het nie, handhaaf ons nog dieselfde kernwaardes en streef ons steeds daarna ons droom te verwesenlik om ’n internasionaal-erkende universiteit in Afrika te wees wat deur ons betrokke vakkundigheid, maatskaplike responsiwiteit en sorgsaamheidsetiek onderskei word.

 

Wat baie belangrik vir ons is, is die mate waarin ons ons doelwit bereik het om gegradueerdes te lewer wat ’n werklike verskil maak. Een bewys daarvan is die leiers wat ons produseer. Ek is dus baie bly om julle daarop te wys dat die NWU nog ’n visekanselier (VK) van ’n Suid-Afrikaanse universiteit opgelewer het. Dr Chris Nhlapo het onlangs die pos as VK van die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie (KSUT) in Kaapstad oorgeneem.

 

Dr Nhlapo het daarmee aangesluit by die groep NWU-alumni wat aan die stuur van sommige van die grootste en hoogs aangeskrewe hoëronderwysinstellings in die land staan. Die ander sluit prof Mamokgethi Phakeng, VK van die Universiteit van Kaapstad, prof Henk de Jager, VK van die Sentrale Universiteit van Tegnologie in Bloemfontein, en prof Chris de Beer van die Sefako Makgatho-universiteit vir Gesondheidswetenskappe in.

Soos julle weet is ek ook ’n alumnus van die NWU. Ek het voorheen aan die voormalige Universiteit van Bophuthatswana en aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys studeer.

 

Hou ons vaandel hoog!

 

 

Prof Dan Kgwadi

Visekanselier

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

NWU & U  |

NWU & U  |

X

Voorblad

 

Op 18 Augustus 2018 is Taahirah Zungu en Lwazi Jakuja as Mnr en Mej NWU gekroon. Taahirah is ʼn eerstejaarstudent in sportkunde op die kampus in Mahikeng en Lwazi is ʼn derdejaarstudent in die BCom Ekonomie en Risikobestuur Uitgebreide Program op die kampus in Vanderbijlpark.

Chuwayza Kotze is as eerste prinses gekroon en Ruandro Minnaar as eerste prins. Hulle is albei van die kampus in Potchefstroom.

NWU & U