nUUs

Dr Hannlie Hamman van die Skool vir Farmasie sê wanneer aptekers die drie kortkursusse voltooi het, moet hulle by die Suid-Afrikaanse Aptekersraad registreer en ’n permit van die Departement van Gesondheid verkry.

 

Kontakpersoon

 

Vir meer inligting oor die kwalifikasie, stuur ʼn e-pos aan Corrie Strydom by corrie.strydom@nwu.ac.za.

 

 

Ons unieke program vir

geneesmiddelterapie open

deure vir aptekers

Slegs een universiteit in die land bied aan aptekers ’n kwalifikasie wat hulle in staat stel om geneesmiddelterapeute vir primêre sorg te wees – dit is natuurlik die NWU.

Die kwalifikasie, Primêresorg-geneesmiddelterapie (Primary Care Drug Therapy, PCDT) stel aptekers in staat om primêre gesondheidstoestande te diagnoseer en medikasie vir voorbehoeding en vir toestande soos diarree, aknee, insek- en spinnekopbyte, oorinfeksies en verskeie ander toestande voor te skryf.

 

Die PCDT-kwalifikasie bestaan uit drie kortkursusse wat oor ’n tydperk van twee jaar gevolg word.

 

Farmakoterapie I is ’n ses maande lange kortkursus wat aan aptekers tegnieke leer om te kan sif, moniteer en ondersoek. Farmakoterapie II fokus op die verskillende akute en chroniese siektes en hoe om daartussen te onderskei.

 

Die laaste kursus, Toegepaste Farmakoterapie, is ’n eenjaarkursus wat die inhoud integreer wat in die ander twee kursusse geleer is. Toegepaste Farmakoterapie het ’n praktiese tweedag-werkswinkel oor hoe om pasiënte te ondersoek.

 

Volgens dr Hannlie Hamman van die Skool vir Farmasie moet aptekers by die Suid-Afrikaanse Aptekersraad registreer en ’n permit van die Departement van Gesondheid verkry wanneer hulle die kursus voltooi het.

 

Sy sê die kwalifikasie word deur afstandsleer aangebied en studente kan hul eksamen aanlyn deur middel van eFundi skryf.

 

Om vir die kursus te kwalifiseer, het jy ’n BPharm-graad nodig en moes jy jou internskap en gemeenskapsdiens voltooi het, en ook as apteker geregistreer wees.

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

X

Voorblad

 

Op 18 Augustus 2018 is Taahirah Zungu en Lwazi Jakuja as Mnr en Mej NWU gekroon. Taahirah is ʼn eerstejaarstudent in sportkunde op die kampus in Mahikeng en Lwazi is ʼn derdejaarstudent in die BCom Ekonomie en Risikobestuur Uitgebreide Program op die kampus in Vanderbijlpark.

Chuwayza Kotze is as eerste prinses gekroon en Ruandro Minnaar as eerste prins. Hulle is albei van die kampus in Potchefstroom.

NWU & U