NUUs

Tshepisho Sebeela is die nuwe alumnipraktisyn op die kampus in Mahikeng.

 

Vriende vir altyd

 

Die NWU se alumnipraktisyns bevorder lewenslange bande tussen alumni en die universiteit. Hierdie beamptes reël byeenkomste wat wissel van reünies tot gholfdae, en hou lede ingelig oor belangrike ontwikkelinge by die universiteit.

 

Nuwe alumnipraktisyn pas perfek in

Dit lyk of die pos van die alumnipraktisyn op die kampus in Mahikeng vir Tshepisho Sebeela soos ’n handskoen pas.

Met ’n honneursgraad in kommunikasie en hope vorige ervaring in belanghebberverhoudinge, stuur hierdie alumna van die kampus in Potchefstroom die bootjie op rustige vaarwaters na geslaagde alumniverhoudings.

 

Tshepisho is glad nie onbekend met die Departement Belanghebberverhoudinge nie, aangesien sy voorheen as beampte vir belanghebberverhoudinge daar gewerk het.

 

Ons kweek ons eie talent

 

Tshepiso is ’n sprekende voorbeeld van hoe die NWU sy eie mense oplei, aangesien sy tussen 2012 en 2015 haar BA Kommunikasie-graad sowel as ’n honneursgraad in kommunikasiebestuur op die kampus in Potchefstroom voltooi het.

 

“Terwyl ek in 2015 met my honneursgraad besig was, was ek gelukkig om ’n internskap by die voormalige Institusionele Bevordering-departement te kry.”“Ek is in 2016 by dieselfde eenheid aangestel as die funksiekoördineerder, wat nou as ’n senior beampte vir belanghebberverhoudinge bekend staan,” sê Tshepiso.

 

Voeg waarde toe

 

Voor haar studies het sy reeds het die geleentheid gehad om in die kommunikasie-eenhede van organisasies in die privaat sowel as die openbare sektor te werk.

 

“Ek het as ’n bemarkings- en kommunikasie-konsultant vir Absa in ’n besigheidsondersteuningsfunksie gewerk, waar ek aan die sakebedrywighede in die privaat, besigheids- en handelsbankafdelings blootgestel is.

 

“As senior kommunikasiebeampte in die openbare sektor is my ervaring uitgebrei deurdat ek met groter en meer uiteenlopende groepe gewerk het, funksies georganiseer het en tyd in die plattelandse en boerderygemeenskappe deurgebring het. Dit het my begrip vir die verskillende soorte besigheidsdinamiek binne die landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling verbreed.”

 

Hierdie agtergrond sal handig te pas kom by die NWU. “Ek wil graag al hierdie ervaring gebruik om waarde tot hierdie wonderlike instelling toe te voeg,” sê sy.

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

NWU & U  |

NWU & U  |

 

INHOUD

volgende

>

X

Voorblad

 

Op 18 Augustus 2018 is Taahirah Zungu en Lwazi Jakuja as Mnr en Mej NWU gekroon. Taahirah is ʼn eerstejaarstudent in sportkunde op die kampus in Mahikeng en Lwazi is ʼn derdejaarstudent in die BCom Ekonomie en Risikobestuur Uitgebreide Program op die kampus in Vanderbijlpark.

Chuwayza Kotze is as eerste prinses gekroon en Ruandro Minnaar as eerste prins. Hulle is albei van die kampus in Potchefstroom.

NWU & U