Nuus

Prof Dan Kgwadi, die NWU se visekanselier, staan hier by die tweedejaarstudente van die kampus in Mahikeng wat as die wenners van die Skynverhoor-kompetisie aangekondig is. Hulle is van links Karabo Dikhuba, Orabile Boikanyo, Gugu Msomi en Teboho Madibo.

 

In sy slottoespraak het die visekanselier beklemtoon hoe belangrik ’n gebalanseerde kurrikulum is wat aan studente die nodige teoretiese blootstelling verskaf, maar ook ’n praktiese aspek insluit wat die teorie wat studente in die lesinglokale leer, gestalte laat kry.

Knap regstudente blink uit in kompetisie

Hierdie jaar het regstudente van die kampus in Mahikeng bo alle twyfel bewys dat hulle die beste span in die NWU se jaarlikse Skynverhoor-kompetisie was.

Die Fakulteit Regte, in vennootskap met die Suid-Afrikaanse regsuitgewers Juta, het die jaarlikse skynverhoorkompetisie op 17 en 18 Augustus by die Mahikengse Hoë Hof aangebied.

 

Die lede van die wenspan is die tweedejaar-regstudente Orabile Boikanyo, Gugu Msomi, Teboho Madibo en Karabo Dikhuba. Hulle het die wet behoorlik uitgelê vir die ander sewe groepe van tweede- en derdejaarstudente van die drie NWU-kampusse wat die semifinale van die kompetisie gehaal het.

 

Stel 'n goeie saak

 

Die Mahikeng-span, wat vir die verdediging verskyn het, het hulle oorwinning verseker deur twyfel te skep oor die gebeure soos ’n staatsgetuie dit beskryf het. Sy het beweer sy is aangerand toe haar man haar ná ’n nag van drinkery geslaan het.

 

Yudians Phoku, Simbongile Siyali en Danny Hlapolosa, derdejaarstudente van die kampus in Potchefstroom, het in die finale rondte vir die staat verskyn.

 

Die Juta Skynverhore-kompetisie is die geesteskind van advokaat René Koraan, dosent in die Fakulteit Regte op die kampus in Potchefstroom. Sy beskou dit as ’n geleentheid vir tweede- en derdejaarstudente om broodnodige hofervaring op te doen.

 

Bly aan die regte kant van die reg

 

Prof Stephen de la Harpe, uitvoerende dekaan van die Fakulteit Regte, sê meer as 300 studente regoor die kampusse het hierdie jaar vir die kompetisie geregistreer.

 

“Dis ’n geleentheid om ’n passie vir die reg te kweek en studente van al die kampusse byeen te bring.”Nadat die wenners aangekondig is, het die voorsittende beampte en regter van die Hoë Hof, Tebogo Djaje, gesê dit was wonderlik dat studente só kon voorberei en hulle sake voor regters kon stel.

 

“Dit word dikwels slegs van praktiserende prokureurs verwag. Dit toon die gehalte van die onderrig wat hulle by die instelling ontvang, en ek hoop om te sien dat julle jongmense spoedig werklike sake in die howe sal bepleit.”

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

vorige

<

X

Voorblad

 

Op 18 Augustus 2018 is Taahirah Zungu en Lwazi Jakuja as Mnr en Mej NWU gekroon. Taahirah is ʼn eerstejaarstudent in sportkunde op die kampus in Mahikeng en Lwazi is ʼn derdejaarstudent in die BCom Ekonomie en Risikobestuur Uitgebreide Program op die kampus in Vanderbijlpark.

Chuwayza Kotze is as eerste prinses gekroon en Ruandro Minnaar as eerste prins. Hulle is albei van die kampus in Potchefstroom.

NWU & U