nUUs

Prof Francois van der Westhuizen van die mitochondria-navorsingslaboratorium in die NWU se Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe sal die primêre ondersoeker aan die Suid-Afrikaanse kant wees.

 

NWU is gasheer vir biochemici by die internasionale konferensie

 

Die NWU se biochemici is nie net betrokke by die stigting van die Internasionale Sentrum vir Genomiese Navorsing vir Neuromuskulêre Siektes nie, hulle was ook die gasheer vir die 26ste tweejaarlikse konferensie van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Biochemie en Molekulêre Biologie (SASBMB).

 

Dit is in samewerking met die Federasie van Verenigings vir Biochemie en Molekulêre Biologie in Afrika (FASBMB) van 8 tot 11 Julie op die kampus in Potchefstroom aangebied.

 

Onderwerpe wat tydens die geleentheid bespreek is, was onder meer aansteeklike siektes, nie-aansteeklike siektes, inflammasie en immuniteit, selbiologie en ontdekking van middels en medisinale plante.

 

 

Internasionale sentrum sal neuromuskulêre siektes beveg

Die NWU sal ’n prominente rol speel in die stigting van ’n nuwe internasionale sentrum vir genomiese navorsing in neuromuskulêre siektes, en ook in Suid-Afrika se deelname aan hierdie virtuele sentrum.

 

Die sentrum sal wetenskaplikes, akademici en klinici van ses nasies op vier vastelande in hulle stryd teen neuromuskulêre siektes byeenbring.

Neuromuskulêre siektes sluit verskillende toestande in wat die funksionering van die spiere in die menslike liggaam aantas.

 

Van die meer prominente siektes in hierdie groep is spierdistrofie, amiotrofiese laterale sklerose (ALS) en motorneuronsiekte.

 

Hierdie siektes het die afgelope paar jaar wye publisiteit geniet, met hoëprofiellyers soos die rugbylegende Joost van der Westhuizen en die astrofisikus Stephen Hawking wat die manier waarop hulle met hierdie toestande saamgeleef het, met die publiek gedeel het.

 

Min geld = minder navorsing

 

Selfs met hierdie beroemde mense wat neuromuskulêre siektes onder die publiek se aandag gebring het, is daar steeds nie genoeg navorsing gedoen om die uitdagings te oorkom wat hierdie groep seldsame en meestal aftakelende siektes aan lyers daarvan en die mediese professie bied nie.

 

In ontwikkelende lande is dit grootliks as gevolg van ’n gebrek aan befondsing, aangesien die meeste navorsing en gesondheidsbefondsing op meer prominente siektes soos MIV/Vigs, tuberkulose, kardiovaskulêre siektes en kanker gerig is.

 

Prof Francois van der Westhuizen van die mitochondria-navorsingslaboratorium in die NWU se Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe sê ’n groot internasionale skenking van die Verenigde Koninkryk se mediese navorsingsraad (UK-MRC) sal hierdie virtuele sentrum oor die volgende vyf jaar ’n werklikheid maak. Dit sal ambisieuse planne vir kliniese opleiding en bevolkingspesifieke genetiese navorsing op vier vastelande moontlik maak en dit is hier, volgens Francois, waar die NWU se rol inkom.

 

Francois, ’n navorser oor mitochondriale siektes, sal die primêre ondersoeker aan die Suid-Afrikaanse kant wees.Wetenskaplikes en klinici by vier plaaslike universiteite, naamlik die NWU, die Universiteit van Kaapstad (UK), die Universiteit van Pretoria (UP) en die Universiteit Stellenbosch (US), sal saam werk om die Suid-Afrikaanse deel van hierdie sentrum te vestig.

 

Om kennis te deel sal ’n impak hê

 

“Die plan is om oor die volgende vyf jaar ongeveer 10 000 pasiënte van die ses betrokke lande byeen te kry en te bestudeer. Ons doelwit is om waardevolle kliniese en genetiese data te verkry en te deel, en dit te gebruik om nuwe terapieë te identifiseer en te toets.”

 

Hy sê groot multidissiplinêre samewerkingspogings waar kennis en kundigheid gedeel word, is ontsaglik belangrik om uitkomste te kan bereik wat nie net ’n groter wetenskaplike impak het nie, maar ook tot voordeel van die samelewing sal wees.

 

“Dit sal ons help om nuwe metodes te vind vir behoorlike diagnoses en maniere om hierdie siektes te hanteer, en om nuwe medisynes te ontwikkel om dit te beveg,” sluit hy af.

 

(Lees die volle berig hier.)

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

Neuromuskulêre siektes sluit verskillende toestande in wat die funksionering van die spiere in die menslike liggaam aantas.

 

Van die meer prominente siektes in hierdie groep is spierdistrofie, amiotrofiese laterale sklerose (ALS) en motorneuronsiekte.

 

Hierdie siektes het die afgelope paar jaar wye publisiteit geniet, met hoëprofiellyers soos die rugbylegende Joost van der Westhuizen en die astrofisikus Stephen Hawking wat die manier waarop hulle met hierdie toestande saamgeleef het, met die publiek gedeel het.

 

Min geld = minder navorsing

 

Selfs met hierdie beroemde mense wat neuromuskulêre siektes onder die publiek se aandag gebring het, is daar steeds nie genoeg navorsing gedoen om die uitdagings te oorkom wat hierdie groep seldsame en meestal aftakelende siektes aan lyers daarvan en die mediese professie bied nie.

 

In ontwikkelende lande is dit grootliks as gevolg van ’n gebrek aan befondsing, aangesien die meeste navorsing en gesondheidsbefondsing op meer prominente siektes soos MIV/Vigs, tuberkulose, kardiovaskulêre siektes en kanker gerig is.

 

Prof Francois van der Westhuizen van die mitochondria-navorsingslaboratorium in die NWU se Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe sê ’n groot internasionale skenking van die Verenigde Koninkryk se mediese navorsingsraad (UK-MRC) sal hierdie virtuele sentrum oor die volgende vyf jaar ’n werklikheid maak. Dit sal ambisieuse planne vir kliniese opleiding en bevolkingspesifieke genetiese navorsing op vier vastelande moontlik maak en dit is hier, volgens Francois, waar die NWU se rol inkom.

 

Francois, ’n navorser oor mitochondriale siektes, sal die primêre ondersoeker aan die Suid-Afrikaanse kant wees.Wetenskaplikes en klinici by vier plaaslike universiteite, naamlik die NWU, die Universiteit van Kaapstad (UK), die Universiteit van Pretoria (UP) en die Universiteit Stellenbosch (US), sal saam werk om die Suid-Afrikaanse deel van hierdie sentrum te vestig.

 

Om kennis te deel sal ’n impak hê

 

“Die plan is om oor die volgende vyf jaar ongeveer 10 000 pasiënte van die ses betrokke lande byeen te kry en te bestudeer. Ons doelwit is om waardevolle kliniese en genetiese data te verkry en te deel, en dit te gebruik om nuwe terapieë te identifiseer en te toets.”

 

Hy sê groot multidissiplinêre samewerkingspogings waar kennis en kundigheid gedeel word, is ontsaglik belangrik om uitkomste te kan bereik wat nie net ’n groter wetenskaplike impak het nie, maar ook tot voordeel van die samelewing sal wees.

 

“Dit sal ons help om nuwe metodes te vind vir behoorlike diagnoses en maniere om hierdie siektes te hanteer, en om nuwe medisynes te ontwikkel om dit te beveg,” sluit hy af.

 

(Lees die volle berig hier.)

X

Voorblad

 

Op 18 Augustus 2018 is Taahirah Zungu en Lwazi Jakuja as Mnr en Mej NWU gekroon. Taahirah is ʼn eerstejaarstudent in sportkunde op die kampus in Mahikeng en Lwazi is ʼn derdejaarstudent in die BCom Ekonomie en Risikobestuur Uitgebreide Program op die kampus in Vanderbijlpark.

Chuwayza Kotze is as eerste prinses gekroon en Ruandro Minnaar as eerste prins. Hulle is albei van die kampus in Potchefstroom.

NWU & U