NUUs

Alumnus Thabo Rakhale is nou ’n Chippa United-speler. Hier is hy saam met een van die Sokkerinstituut se ondersteuners.

“Sedert die ontstaan van die Sokkerinstituut in 2007 het ons almal 'n verantwoordelikheid as voormalige spelers om die gees en kultuur van sukses in stand te hou,” sê Vuyolwethu, bestuurder van die instituut.

Sokkeralumni bring hulde aan die ‘pragtige spel’

Van die belangrikste name in Suid-Afrikaanse sokker het die jaarlikse alumnibyeenkoms van die NWU se Sokkerinstituut in Junie 2018 in Mahikeng bygewoon.

Voormalige spelers van die NWU Sokkerinstituut het saam met huidige spelers van die instituut by ’n onlangse alumnigeleentheid bymekaargekom. Hier is hulle ná ’n vriendskaplike sokkerwedstryd.

Onder hulle was vyf Premier Sokkerliga-sterre: Thabo Mnyamane van Super Sport United, Thabo Rakhale van Chippa United, Boalefa Pule van Amazule, Luvolwethu Mpeta van Platinum Stars, en Xolani Mlambo van Orlando Pirates.

 

Nadat hulle een wedstryd teen die personeel se sokkerklub en nog een teen die huidige spelers van die Sokkerinstituut gespeel het, het die gaste lekker gebraai en saam met die studente gekuier.

 

Vier sukses

 

Sokkerinstituut-bestuurder Vuyolwethu Sambo sê die jaarlikse byeenkoms stel alumni in staat om hul ervarings met die huidige spelers te deel, en om die prestasies van die Sokkerinstituut van die afgelope jare te vier.

 

“Dit is waarom ons elke jaar almal wat die voorreg gehad het om deel van die instituut te wees, uitnooi om hul ervarings met ons te kom deel – ongeag of hulle loopbane in die korporatiewe wêreld of in sokker gevolg het.”

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL


Dubbeldoor-doel

 

Orlando Pirates se middelveldspeler, Xolani Mlambo, sê die instituut het ’n belangrike rol gespeel om hom in ’n goed afgeronde individu te help ontwikkel.

 

Dit het sy sokkerloopbaan bevorder en ook aan hom die geleentheid gebied om te studeer. “Sokker as loopbaan is kort, dus is dit noodsaaklik dat spelers iets het om op terug te val.”

 

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

X

Voorblad

 

Op 18 Augustus 2018 is Taahirah Zungu en Lwazi Jakuja as Mnr en Mej NWU gekroon. Taahirah is ʼn eerstejaarstudent in sportkunde op die kampus in Mahikeng en Lwazi is ʼn derdejaarstudent in die BCom Ekonomie en Risikobestuur Uitgebreide Program op die kampus in Vanderbijlpark.

Chuwayza Kotze is as eerste prinses gekroon en Ruandro Minnaar as eerste prins. Hulle is albei van die kampus in Potchefstroom.

NWU & U