ONTDEK DIe NWU

Daar was ’n pasiënt wat amper verdrink het, iemand wat ernstige brandwonde opgedoen het, ’n siek baba en ’n vrou met ’n gebreekte arm.

 

Hierdie “pasiënte” was almal deel van ’n gesimuleerde traumadag wat die NWU se Fakulteit Gesondheidswetenskappe in Julie by die universiteit se Nooitgedacht-plaas gehou het.

 

Studente van die Skool vir Verpleegkunde het die reënerige toestande en baie oortuigende trauma-scenario’s trotseer en kon nie vir ’n beter praktiese leerervaring gevra het nie.

 

Kyk na die video regs om te sien hoe ons studente saam met professionele persone soos polisieduikers en paramedici gewerk het om praktiese ervaring op te doen.

Dit is ons: Ons loop trauma trompop

Die video wys hoe die studente van die Skool vir Verpleegkunde tydens ʼn gesimuleerde traumadag waardevolle praktiese ondervinding opgedoen het.

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

NWU & U  |

NWU & U  |

X

Voorblad

 

Op 18 Augustus 2018 is Taahirah Zungu en Lwazi Jakuja as Mnr en Mej NWU gekroon. Taahirah is ʼn eerstejaarstudent in sportkunde op die kampus in Mahikeng en Lwazi is ʼn derdejaarstudent in die BCom Ekonomie en Risikobestuur Uitgebreide Program op die kampus in Vanderbijlpark.

Chuwayza Kotze is as eerste prinses gekroon en Ruandro Minnaar as eerste prins. Hulle is albei van die kampus in Potchefstroom.

NWU & U