REDAKSIONEEL

 

 

Redakteur

Nelia Engelbrecht

 

Redaksie

Willie du Plessis

Bertie Jacobs

Maryke Laas

Phenyo Mokgothu

Christopher Motabogi

Tumelo Muteme

Marelize Santana

Kiewiet Scheppel

Hanlie Smuts

Annette Willemse

 

Ontwerp en uitleg

Karen Viljoen

 

Fotografie

Redaksie en diensverskaffers

 

Redaksie

Nelia Engelbrecht

Tel 018 299 4937 of nelia.engelbrecht@nwu.ac.za

 

Die NWU & U word deur die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement in Afrikaans en Engels uitgegee.

 

Alumniverhoudinge-praktisyns

 

Tshepisho Sebeela (Mahikeng)

tshepisho.sebeela@nwu.ac.za

 

Abigail Leshope (Potchefstroom) abigail.leshope@nwu.ac.za

 

Zanele Ngobese (Vanderbijlpark) zanele.ngobese@nwu.ac.za

 

Waar kennis jou omring

Geagte alumni

 

Die warm gloed van die ligte spin jou toe teen die donker daar buite. Die enigste klanke wat jy hoor, is ’n stoelpoot wat nou en dan oor die vloer skuif, of die sagte geritsel van bladsye wat omgeblaai word. Voetstappe in die verte. ’n Sagte gefluister agter die naaste boekrak.

 

Kan julle raai waarheen hierdie nostalgie-reis ons geneem het? Natuurlik – dit het ons teruggevoer na die tyd toe ons as studente tyd in die kampusbiblioteke deurgebring het.

 

Ons studente het vandag steeds die voorreg om hierdie plekke – waar kennis jou omsluit – te besoek. Trouens, dit is ’n prioriteit van die NWU om ons biblioteke met moderne geriewe op te gradeer en toe te rus om die leerervaring van biblioteekgebruikers te verbeter.

 

Hierdie verbeteringe sluit in navorsingsmeente, vertrekke vir groepwerk, stil studieareas en skootrekenaar- en rekenaarwerkstasies met genoeg kragpunte en sagteware.

 

Van nou af kan ons alumni ook hierdie geriewe gebruik. Dit is veral voordelig vir diegene wat hul studies deur nagraadse kwalifikasies of kortkursusse soos die kursus in Primêresorg-geneesmiddelterapie vir aptekers wil voortsit.

 

Maar wag, voor julle na die naaste NWU-biblioteek afsit, hier is ’n paar interessante 2017-syfers oor ons biblioteke:

 

Totale getal boeke: 909 640

Rekenaars vir studente se gebruik: 409

Professionele personeel: 57

Totale getal biblioteekbesoeke: 1 787 344

Totale getal boeke uitgeneem: 233 711

 

Wanneer ’n mens na die Amerikaanse skrywer Ray Bradbury se aanhalings oor biblioteke kyk, lyk dit of hy ’n diepe waardering vir hierdie instellings gehad het. Hy het onder andere gesê: "Ek kon nie kollege toe gaan nie, dus het ek vir 10 jaar lank drie dae per week biblioteek toe gegaan". Hy het ook gesê sonder biblioteke het ons geen verlede en geen toekoms nie.

 

Hoe gelukkig is ons nie – ons het as studente in die verlede die geleentheid gehad om die universiteit se biblioteke te gebruik, en nou kan ons as alumni dit weer doen.

 

Lekker lees.

 

 

Nelia en die

NWU & U-span

 

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

Waar kennis jou omring

Die warm gloed van die ligte spin jou toe teen die donker daar buite. Die enigste klanke wat jy hoor, is ’n stoelpoot wat nou en dan oor die vloer skuif, of die sagte geritsel van bladsye wat omgeblaai word. Voetstappe in die verte. ’n Sagte gefluister agter die naaste boekrak.

Kan julle raai waarheen hierdie nostalgie-reis julle geneem het? Natuurlik – dit het ons teruggevoer na die tyd toe ons as studente tyd in die kampusbiblioteke deurgebring het.

Ons studente het vandag steeds die voorreg om hierdie plekke te besoek waar die kennis jou omsluit. Trouens, dit is ’n prioriteit van die NWU om ons biblioteke met moderne geriewe op te gradeer en toe te rus om die leerervaring van biblioteekgebruikers te verbeter.

Hierdie verbeteringe sluit in navorsingsmeente, vertrekke vir groepwerk, stil studieareas en skootrekenaar- en rekenaarwerkstasies met genoeg kragpunte en sagteware.

Van nou af kan ons alumni ook hierdie geriewe gebruik. Dit is veral voordelig vir diegene wat hul studies deur nagraadse kwalifikasies of kortkursusse soos die kursus in Primêresorg-geneesmiddelterapie vir aptekers wil voortsit.

Maar wag, voor julle na die naaste NWU-biblioteek afsit, hier is ’n paar interessante 2017-syfers oor ons biblioteke:

Totale getal boeke: 909 640

Rekenaars vir studente se gebruik: 409

Professionele personeel: 57

Totale getal biblioteekbesoeke: 1 787 344

Totale getal boeke uitgeneem: 233 711

Wanneer ’n mens na die Amerikaanse skrywer Ray Bradbury se aanhalings oor biblioteke kyk, lyk dit of hy ’n diepe waardering vir hierdie instellings gehad het. Hy het onder andere gesê: Ek kon nie kollege toe gaan nie, dus het ek vir 10 jaar lank drie dae per week biblioteek toe gegaan. Hy het ook gesê sonder biblioteke het ons geen verlede en geen toekoms nie.

Hoe gelukkig is ons nie – ons het as studente in die verlede die geleentheid gehad om die universiteit se biblioteke te gebruik, en nou kan ons as alumni dit weer doen.

Lekker lees.

 

 

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

X

Voorblad

 

Op 18 Augustus 2018 is Taahirah Zungu en Lwazi Jakuja as Mnr en Mej NWU gekroon. Taahirah is ʼn eerstejaarstudent in sportkunde op die kampus in Mahikeng en Lwazi is ʼn derdejaarstudent in die BCom Ekonomie en Risikobestuur Uitgebreide Program op die kampus in Vanderbijlpark.

Chuwayza Kotze is as eerste prinses gekroon en Ruandro Minnaar as eerste prins. Hulle is albei van die kampus in Potchefstroom.

NWU & U