PROFIele

Jack Mthembu glo entrepreneurskap moet ’n lewenswyse wees en nie ’n plan om op terug te val wanneer jou geluk jou in die steek laat nie.

Jack het tydens sy tweede studiejaar by die NWU Enactus-beweging aangesluit. Hier is hy saam met Zinhle Maseko by die Enactus Wêreldbekerbyeenkoms in 2015.

 

In ’n onlangse media-onderhoud met die aanlyn publikasie Safrica24.com, het Jack gesê sy insluiting op die lys motiveer hom vir sy entrepreneursreis om eendag ’n Afrika-biljoenêr te word.

Jack spring uit die boks
tot op onder 30-lys van
top-entrepreneurs

Dertig dae, 144 uur en een betaalstrokie. Dis hoe lank Jack Mthembu, ’n gekwalifiseerde geoktrooieerde rekenmeester, agter ’n lessenaar in ’n formele werksituasie gesit het.

Vandag pryk hierdie alumnus van die kampus in Vanderbijlpark met trots op die invloedryke Forbes Africa-saketydskrif se jaarlikse lys van “30 Under 30” jong entrepreneurs en het hy ’n indrukwekkende loopbaan as ’n entrepreneur in maatskaplike verandering.

 

Wanneer ʼn mens hom vra waarom hy sy rug op ’n voordelige korporatiewe loopbaan gedraai het, sê Jack hy was bang om deur die korporatiewe sektor ingesluk te word.

 

“Moenie my verkeerd verstaan nie, ek het ’n baie goeie werk by ’n wonderlike maatskappy gehad, maar my drome het my snags wakker gehou.” Hy het net geweet dat hy so gou as moontlik die sprong na voltydse entrepreneurskap moes maak.

 

Waar dit alles begin het

 

Jack het in sy tweede studiejaar by die NWU se Enactus-beweging aangesluit en ’n bekende gesig geword by die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe se bhive Ondernemingsontwikkelingsentrum, wat ’n spil van entrepreneursaktiwiteit is.

 

Hy het in daardie tyd ook die voorsitter van Enactus Vaal geword. Dié liggaam verteenwoordig ’n internasionale niewinsgewende organisasie wat studente, akademici en sakeleiers byeenbring wat daartoe verbind is om entrepreneurskap te gebruik om die lewensgehalte en lewenstandaard van gemeenskappe regoor die wêreld te verbeter.

 

“Dit is waar dit alles regtig vir my begin het,” sê Jack. Hy verduidelik dat die idee van ’n avontuurkamp in 2014 gebore is. Min het hy geweet dat hierdie idee uiteindelik die koers van sy lewe sou verander.

 

Volg jou passie

 

“Dit verstom my steeds hoeveel tyd mense mors deur aanhoudend na wonderlike kortpaaie te soek om hulle na entrepreneursukses te lei, terwyl die enigste werklike roete hulle in die gesig staar: begin met iets waaroor jy passievol is! As jou idee jou nie terselfdertyd opgewonde én bang maak nie, is jy nog nie op die regte plek nie.”

 

Jack erken dat selfs nadat hy in 2015 ’n BCom GR-graad verwerf het en direk die werksomgewing betree het, hy nooit die idee kon afskud dat hy vir iets ander bestem is nie. Sy ware roeping is as ’n entrepreneur vir maatskaplike verandering wat avontuurkampe gebruik om vir hoërskoolleerders die waarde van entrepreneurskap te leer.

 

First One Adventures

 

Jack se onderneming, First One Adventures, bied aan leerders ’n tweefasebenadering tot entrepreneurskap. Die eerste fase is ’n week lange beginner-avontuurkamp en die tweede ’n twaalf maande lange opleidingskamp genaamd The Entrepreneurship Club (TEC).

 

Die maatskappy se hoofkwartier is in Johannesburg. “Ons kontrakteer kampe uit in gebiede soos die Magaliesburg en Bela-Bela in Limpopo,” sê Jack, wat oorspronklik van Phalaborwa in Limpopo kom. Die primêre fokus is om leerders te motiveer om geleenthede binne hul onmiddellike omgewing te vind waar hulle ’n impak kan maak.

 

“Verbeel julle ’n wêreld waar gegradueerdes – ongeag hul studiegebiede – kies om die ekonomie ’n hupstoot te gee deur werkskeppers te word en nie bloot werknemers nie. ’n Wêreld waar rekenmeesters byvoorbeeld ’n kantoor oopmaak om ’n plaaslike gemeenskap met hul belasting te help, of ’n mediese dokter wat haar eie kliniek in ’n township oopmaak.”

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

 

Jack se onderneming, First One Adventures, sluit ’n week lange beginner-avontuurkamp in. Hier is van die opwindende avontuurkamp-aktiwiteite.

 

<>

In hierdie video praat die TV-aanbieder, Tim Modise, met Jack op The Modise Network op eNCA.

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

Jack spring uit die boks tot op onder
30-lys van top-entrepreneurs

X

Voorblad

 

Op 18 Augustus 2018 is Taahirah Zungu en Lwazi Jakuja as Mnr en Mej NWU gekroon. Taahirah is ʼn eerstejaarstudent in sportkunde op die kampus in Mahikeng en Lwazi is ʼn derdejaarstudent in die BCom Ekonomie en Risikobestuur Uitgebreide Program op die kampus in Vanderbijlpark.

Chuwayza Kotze is as eerste prinses gekroon en Ruandro Minnaar as eerste prins. Hulle is albei van die kampus in Potchefstroom.

NWU & U