PROFIELE

Klik op die beeld hierbo om na die Drakensbergse Seunskoor te luister. Alumnus Bernard Krüger dirigeer hulle terwyl hulle pop, kontemporêre koorwerke en Broadway sing.

Bernard Krüger het in 2016 die Drakensbergse Seunskoor se musiekdirekteur geword.

 

Sy eerste note

 

Alumnus Bernard Krüger het in 1999 met sy studies aan die voormalige Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys begin en in 2002 sy BMus-graad verwerf. Hy het sy vrou, Junine, by die konserwatorium in Potchefstroom ontmoet.

 

As inwoner van Veritas het Bernard aan kulturele aktiwiteite soos die eerstejaarskonsert, Enkelsêr en Bingle-sêr deelgeneem. Hy het later ook die koshuis vir hierdie geleenthede help voorberei.

 

Bernard het drie jaar lank onder die mentorskap van Awie van Wyk in die PUK Koor gesing – in verskillende stemregisters, naamlik bariton, bas, tenoor of alt.

 

Speel wegkruipertjie

 

Toe hy gevra is of hy enige snaakse stories onthou, het hy gelag en vertel hoedat die hele musiekklas tydens sy eerste studiejaar in die lesingsale sou wegkruip (onder die banke, agter gordyne en binne-in kaste) om die dosente te laat dink dat hulle hul roosters verkeerd gelees het.

 

“Dit het net twee keer gewerk, totdat die dosente onder mekaar begin praat het. Die volgende dag is ons gekonfronteer met ’n inkwisisie van vier professors wat saam die vertrek binnegekom het waar ons weggekruip het.

 

“Hulle het hulself gerieflik ingerig en met mekaar begin gesels totdat een van die meisies in die klas haar nies nie langer kon onderdruk nie! Nadat ons almal uit ons wegkruipplekke gekruip het, het ons ’n deeglike lesing ontvang – gepaardgaande met baie angs en melodrama – oor die voorreg van tersiêre onderrig!”

 

Sukses is soos musiek in Bernard se ore

Die groot Griekse filosoof Plato het geglo musiek is ’n morele wet: dit gee betekenis aan die heelal, vlerke vir die denke, vlug aan die verbeelding, en bekoring en vrolikheid aan die lewe.

Bernard Krüger, alumnus van die NWU en befaamde musiekdirekteur van die Drakensbergse Seunskoor, stem heelhartig saam met Plato. Hy sê die rykdom van koorsang koester interkulturele welwillendheid soos geen ander intervensie in die samelewing nie.

 

En Bernard behoort te weet.

 

As musiekdirekteur speel hy ’n belangrike rol in die vorming van die seuns wat die Drakensbergse Seunskoor hul tuiste noem. Hulle word van regoor die land gekeur en kom van verskillende kulturele en sosio-ekonomiese agtergronde.

 

Bernard en die koor maak saam musiek tot vreugde van gehore regoor die wêreld.

 

Kampioen van die Wêreldkoorspele

 

Dit was hierdie jaar die 10de verjaardag van die hoogaangeskrewe Wêreldkoorspele en dit is vir die eerste keer op die Afrika-vasteland aangebied.

 

Getrou aan die geskiedkundige aard van die spele is Suid-Afrika as die kampioene gekroon nadat hulle ’n totaal van 78 medaljes verower het. Hiervan het twee goue medaljes aan die Drakensbergse Seunskoor behoort. Hulle het goud in die Kampioenkompetisie gewen met hul uitvoering van Abba se “Does Your Mother Know?” en ook in die Scenic Pop-kampioenkompetisie.

 

Bernard, wat in 2016 by die koor aangesluit het, sê die seuns het drie ander liedjies vir hul kompetisiereeks uitgevoer: “Feel it Still” (Portugal, The Man), “Now we are free” (temalied van die film Gladiator) en “The Wrong Note Rag” (Leon Bernstein, uit Wonderful Town).

 

Met ’n telling van 89,38 het die Drakensbergse Seunskoor tweede in die kinderkoorafdeling geëindig, net 1,6 punte agter die Tygerberg Kinderkoor.

 

Wat ’n debuut

 

“Toe ons vir die kompetisie ingeskryf het, het ons beslis vir die hoogste moontlike uitslag gemik, maar ek het eerlikwaar nie gedink dat ons sou wen nie,” sê Bernard. Hy voeg by dat dit in die 51 jaar lange geskiedenis van die koor hul debuutoptrede in hierdie gesogte kompetisie was.

 

Toe hy gevra is hoe hy oor die koor se buitengewone prestasie voel, het Bernard gesê hy is verheug, veral ter wille van die seuns.

“Ek het net my werk gedoen – musiek gemaak en mense vermaak. Vir die seuns was dit ’n suiwerende oomblik; maande se harde werk het ʼn hoogtepunt bereik tydens die 15 minute op die verhoog.” In sy aanvaardingstoespraak het Bernard gesê musiek kan jou na enige plek neem, en om saam te sing, bring nasies byeen.

 

Gee alles

 

Sukses word egter nie sonder opoffering en harde werk behaal nie. In die maande voor die kompetisie het die koor ’n veeleisende repetisieskedule gehad. Verskeie motiveringsprekers het tot die koor se sielkundige voorbereiding bygedra.

 

Trouens, Bernard lag en sê die hele skool was op ’n dosis immuniteitstablette, vitamines en aanvullers. “Daar was baie op die spel omdat ons geweet het daar sou baie druk en verwagtinge van die publiek wees.”

 

Het jy geweet?

 

  •  300 kore van 59 lande het aan die Wêreldkoorspele deelgeneem.
  • China het in die tweede plek geëindig met 25 medaljes, Rusland in die derde plek met 17 medaljes, en die Verenigde State in die vierde plek met 15 medaljes.
  • Die Drakensberg Old Boys se koor, wat deur Herman Swanepoel afgerig word, het die goue medalje in die Mans Kamerkoor-afdeling gewen.

 

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

Bernard is getroud met Junine, wat ook ’n NWU-alumna is. Die egpaar het drie seuns.

 

Meer oor Bernard

 

  • Hy sê die universiteit was ’n veilige hawe waar hy nie net sy vrou ontmoet het nie, maar ook ’n swetterjoel kreatiewe, inspirerende individue wat sy toekoms, sy loopbaanpad en die manier waarop hy dink, help vorm het.
  • Hy het ook ’n studietydperk by die Koninklike Konserwatorium in Den Haag in Nederland deurgebring.
  • Hy het die dekaanstrofee as die beste student in die voormalige Fakulteit Lettere en Wysbegeerte ontvang.
  • Sy grootste droom is om die Berlynse Filharmoniese Orkes te dirigeer, of om as dirigent in ’n konsert in die Royal Albert Hall in Londen, en in Carnegie Hall, New York op te tree.

 

 

NWU & U  |

NWU & U  |

X

Voorblad

 

Op 18 Augustus 2018 is Taahirah Zungu en Lwazi Jakuja as Mnr en Mej NWU gekroon. Taahirah is ʼn eerstejaarstudent in sportkunde op die kampus in Mahikeng en Lwazi is ʼn derdejaarstudent in die BCom Ekonomie en Risikobestuur Uitgebreide Program op die kampus in Vanderbijlpark.

Chuwayza Kotze is as eerste prinses gekroon en Ruandro Minnaar as eerste prins. Hulle is albei van die kampus in Potchefstroom.

NWU & U