ProfiELE

Freddy Sonakile sê hy het maklik in sy pos as regsadviseur by die Noordwes Provinsiale Wetgewer aangepas. Dis omdat hy van die aktiwiteite waarmee hy nou te doen kry reeds as deel van sy prakties as ’n LLB-student gedoen het.

 

Vinnige feite oor Freddy

 

Freddy is:

  • die jongste kind van Anna Mphoko Tooane
  • enkellopend en het nie kinders nie
  • ’n ywerige leser in sy vrye tyd en het ’n versameling Suid-Afrikaanse outobiografieë
  • ’n motiveringspreker en tree as seremoniemeester by geleenthede op
  • ’n advokaat wat tot die Hoë Hof toegelaat is
  • verantwoordelik vir die opstel van wetgewing, is betrokke by gemeenskappe as deel van openbare deelname oor wetgewing, adviseer lede van die provinsiale wetgewers oor regskwessies en stel kontrakte en menings op.

’n Regsgraad maak baie deure oop

’n LLB-graad is nie ’n eenrigtingstraat na ’n enkele beroep nie, maar kan tot ’n verskeidenheid geleenthede lei. Dit is die mening van die 28-jarige alumnus, Freddy Sonakile.

Freddy, wat in die Zamdela-township in die Vrystaatse dorp Sasolburg gebore is, is tans die regsadviseur by die Noordwes Provinsiale Wetgewer nadat hy sy LLB-graad in 2012 op die NWU se kampus in Mahikeng behaal het.

 

“Dit beteken nie dat wanneer jy jou graad gekry het jy net as prokureur of advokaat moet praktiseer nie. Daar is baie meer wat jy kan doen,” sê hy. “Jy kan in ’n pos in publieke administrasie aangestel word of by arbeidsreg betrokke raak. Amper elke instelling het ’n regsafdeling nodig – jy moet net jou opsies oop hou en navorsing in die mark doen om uit te vind waar prokureurs benodig word.”

 

Sy studie by die NWU het hom baie goed te pas gekom, sê hy. “As iemand wat in leierskapsposisies was en in ’n toesighoudende hoedanigheid by die fakulteite van die universiteit betrokke was, kan ek met trots sê dat ons onder die bestes tel, en die universiteit produseer legendes!”

 

Ervaring as studenteleier kom handig te pas

 

Van Freddy se beste herinneringe as student sluit in dat hy in 2010/11 as sekretaris van die Verteenwoordigende Studenteraad verkies is. Hy sê dit was ’n interessante pos om te beklee en hy het baie daaruit geleer.

 

“Twee maande voor die einde van die kwartaal is die voorsitter van daardie tyd as junior lektor in die Fakulteit Regte aangestel en moes hy sy kantoor ontruim. Ek is toe tot die einde van die kwartaal as waarnemende voorsitter aangestel,” onthou Freddy.

 

“Die skakeling met studente en die bestuur was van ’n hoë gehalte en ek dink dat dit is waar ek geleer het om te onderhandel. Daar was tye toe ons moeilike besluite moes neem en kompromieë moes maak. Dit het ons geleer om die twee te balanseer en die eed wat ons afgelê het om ons medestudente te help, te onthou.”

 

Kookwater-studentelewe

 

Freddy sê die kampus in Mahikeng was die lewendigste van die drie kampusse ten opsigte van studente-aktivisme en transformasie. “Die Regskliniek was die beste, en die skynhowe en buitemuurse aktiwiteite was buitengewoon. Daar was ook baie om te doen wanneer ’n mens van jou boeke kon wegbreek.”

 

Min het hy geweet dat daardie betrokkenheid hom later as regsadviseur goed te staan sou kom.

 

“Die LLB-graad het vir my baie deure oopgemaak. Dit was ’n vereiste vir die pos wat ek tans beklee en die praktiese aktiwiteite wat die universiteit as deel van die graad gebied het, was beslis die moeite werd.”

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

 

Freddy gee raad

 

Freddy se raad aan ander is dit: “Dit is belangrik om betrokke te raak by aktiwiteite wat nie deel van jou akademiese lewe is nie. Dit sal jou in staat stel om ervaring op te doen wat belangrik kan wees vir jou toekoms. Ek het myne in studentepolitiek gevind en dit het my later in my loopbaan baie handig te pas gekom. Ek is vandag ’n slim onderhandelaar en uitgesproke individu as gevolg van die vaardighede wat ek met aktiwiteite buite my studies verkry het.”

NWU & U  |

NWU & U  |

X

Voorblad

 

Op 18 Augustus 2018 is Taahirah Zungu en Lwazi Jakuja as Mnr en Mej NWU gekroon. Taahirah is ʼn eerstejaarstudent in sportkunde op die kampus in Mahikeng en Lwazi is ʼn derdejaarstudent in die BCom Ekonomie en Risikobestuur Uitgebreide Program op die kampus in Vanderbijlpark.

Chuwayza Kotze is as eerste prinses gekroon en Ruandro Minnaar as eerste prins. Hulle is albei van die kampus in Potchefstroom.

NWU & U