nUUs

As ’n beste praktyk bied vooraanstaande universiteite regoor die wêreld aan hul alumni toegang tot hul biblioteke.

 

Dit sal die registrasieproses bespoedig: kontantbetalings en jou akademiese rekord as bewys dat jy ’n alumnus is.

 

Sou jy jou toegangskaart verloor, stel die biblioteek onmiddellik in kennis deur die volgende nommers te skakel:

 

Mahikeng: 018 389 2198

Potchefstroom: 018 299 2800

Vanderbijlpark: 016 910 3170

Alumni kry biblioteektoegang

Onthou jy nog die lang ure wat jy in die NWU se biblioteke deurgebring het toe jy ’n student was? Wel, jy kan nou hierdie ervaring herleef.

Ons alumni kan vir slegs R400 per jaar, plus ’n eenmalige betaling van R80 vir ’n toegangskaart, die NWU se biblioteke gebruik.

 

Om materiaal uit te neem of die ruimtes in die NWU se biblioteke te benut, moet jy die volgende stappe volg:

 

Vul die aansoekvorm vir eksterne lidmaatskap in wat jy hier kan kry, en handig dit by enige NWU-kampusbiblioteek in. (Harde kopieë van die vorms is ook by die biblioteke beskikbaar.) As dit gedurende kantoorure is, sal die biblioteekpersoneel die alumnikantoor kontak om jou status as alumnus te bevestig. (Jy kan ook jou akademiese rekord ingee as bewys dat jy ’n alumnus is.)

 

In plaas daarvan om na die biblioteek toe te gaan, kan jy ’n aanlyn vorm druk, dit onderteken en die geskandeerde vorm elektronies aan die biblioteek stuur. Hier is die e-posadresse:


 Mahikeng: Nomzingisi Madikane by nomzingisi.madikane@nwu.ac.zaPotchefstroom: Njabulo Makhathini by FPBLEEN@nwu.ac.zaVanderbijlpark: Tiny Moripa by VTCLOAN@nwu.ac.za 

Die biblioteekpersoneel sal dan jou status as ’n alumnus bevestig en vir jou die uitkoms laat weet.

 

Die volgende stap is om die jaarlikse registrasiegeld van R400 te betaal. Jy kan dit elektronies doen (die bankbesonderhede is op die aansoekvorm), of by die kassiere by een van die kampusbiblioteke. (Die biblioteke het ongelukkig nie kredietkaartgeriewe nie.)

 

Indien jy elektronies betaal, moet jy asseblief bewys van betaling indien. Sodra Finansies jou registrasiegeld aan die biblioteek toegewys het, sal toegang verleen word. Dit kan ’n paar dae duur.

 

Wanneer al die nodige verifikasie gedoen is, kan jy vir jou biblioteektoegangskaart aansoek doen. Dit is hoe jy dit doen: biblioteekpersoneel sal jou aansoek vir lidmaatskap goedkeur en dan kan jy tydens kantoorure die vorm by die kampus se beskermingsdienste indien sodat hulle teen ’n koste van R80 vir jou ’n biblioteektoegangskaart kan uitreik.

 

Toon jou toegangskaart by die biblioteek se sekuriteitstoonbank en gaan na die uitleentoonbank, waar jy op die biblioteekstelsel geregistreer sal word.

Jy kan jou veeldoelige kaart gebruik om toegang tot die biblioteek te kry en om boeke uit te neem. Onthou net: die kaart is nie oordraagbaar nie – jy is verantwoordelik vir die boeke wat daarop uitgeneem word.

 

Inligting met meer besonderhede oor spesifieke reëls en beperkings is op die aansoekvorm vir lidmaatskap beskikbaar.



 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

Dit is vir die NWU ’n prioriteit om ons biblioteke met moderne geriewe toe te rus, insluitende skootrekenaar- en rekenaarwerkstasies.

volgende

>

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

X

Voorblad

 

Op 18 Augustus 2018 is Taahirah Zungu en Lwazi Jakuja as Mnr en Mej NWU gekroon. Taahirah is ʼn eerstejaarstudent in sportkunde op die kampus in Mahikeng en Lwazi is ʼn derdejaarstudent in die BCom Ekonomie en Risikobestuur Uitgebreide Program op die kampus in Vanderbijlpark.

Chuwayza Kotze is as eerste prinses gekroon en Ruandro Minnaar as eerste prins. Hulle is albei van die kampus in Potchefstroom.

NWU & U