REDAKSIONEEL

Prof Sakkie Steyn was van 1988 tot 1996 die adjunk-dekaan van die Vaaldriehoekkampus se Fakulteit Opvoedkunde.

Skryf gerus en vertel ons waar in die wêreld julle jul bevind en hoe dit met jul loopbane gaan, of skryf sommer oor ditjies en datjies wat julle na aan die hart lê.

 

Stuur julle briewe na nelia.engelbrecht@nwu.ac.za, faks dit na 086 614 3222 of pos dit aan Nelia Engelbrecht, Korporatiewe Kommunikasie, Noordwes-Universiteit, Privaat Sak X1290, Potchefstroom, 2520.

 

ONS HOOR GRAAG VAN JULLE!

Saterdae maak ʼn verskil

Beste mede-alumni,

 

Ek het met opgewondenheid die artikel oor Ikateleng-projek gelees in die vorige uitgawe van die NWU & U wat aan my gestuur is.

 

Ek, prof Sakkie Steyn, het die projek wat Ikateleng voorafgegaan het 30 jaar gelede op die Vaaldriehoekkampus van die voormalige Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys begin. Dit was toe bekend as die Saterdagskool.

 

Ons het in 1996 reeds 800 leerlinge uit die Vaaldriehoekgebied gehad, asook 'n skoolhoof en 23 onderwysers. Prof Tienie Theron was ’n mede-koordineerder van dié projek. Op Saterdae het 15 busse leerlinge van dwarsoor die Vaaldriehoek na die Saterdagskool vervoer en weer terug huis toe.

 

Ek het nog koerantberigte met foto’s oor die afskop van die Saterdagskool en ook oor die vordering van die projek. Trouens, ek het ʼn plakboek met al die koerantberigte oor Opvoedkunde se rol in die Vaaldriehoekgebied om benadeelde leerders by te staan. Dié berigte het tussen 1988 en 1996 in die Vaalweekblad verskyn.

 

 

Vriendelike groete,

 

Prof Sakkie Steyn

Dwarskersbos, Weskus

 

* In 1991 het die Saterdagskool ook op die Potchefstroomkampus begin, waar wyle Martiens Masiea die program Ikateleng genoem het, wat beteken om jouself te bemagtig.

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

X

Voorblad

 

Op 18 Augustus 2018 is Taahirah Zungu en Lwazi Jakuja as Mnr en Mej NWU gekroon. Taahirah is ʼn eerstejaarstudent in sportkunde op die kampus in Mahikeng en Lwazi is ʼn derdejaarstudent in die BCom Ekonomie en Risikobestuur Uitgebreide Program op die kampus in Vanderbijlpark.

Chuwayza Kotze is as eerste prinses gekroon en Ruandro Minnaar as eerste prins. Hulle is albei van die kampus in Potchefstroom.

NWU & U