NUUs

 

Hierdie foto’s is geneem by die alumnigeleenthede wat in Bloemfontein en by die Gariepdam gehou is.

 

Taetse en Hillegonda Vorster woon die alumnifunksie by die Gariepdam by.Zagrijs en Jeanette Venter deel ’n oomblik met prof Fika Janse van Rensburg tydens die Gariepdam-geleentheid. Fika is die NWU se adjunkhoof en adjunk-visekanselier vir indiensnemingsgelykheid en kampusbedrywighede in Potchefstroom.Fika geniet die geselskap van Carina en Meyer van der Walt, wat die funksie by hulle gastehuis, Driekwartbou, buite Gariep aangebied het.Ammi en Salome Postma is gaste by die alumnigeleentheid by die Gariepdam.Kobus en Ester Botha verskyn hier saam met Fika en mede-alumni Jors en Suzette van der Schyff in Bloemfontein.Hier is Ithumeleng Phage en Funiwe Dlangu saam met Fika in Bloemfontein.Trix Snyman en haar skoonseun, Muller Heyns, geniet die alumnifunksie in Bloemfontein.Wim en Christa van der Loo is van die alumni wat by die Botaniese Tuin in Bloemfontein saamgekuier het. <>

 

So maak mens

 

By ’n werkswinkel vir loopbaanbemagtiging het Alumnus Lionel Eksteen, tans ’n praktisyn by die NWU se Mense en Kultuur-departement, vir studente nuttige wenke gegee oor die manier waarop jy ’n CV moet skryf en hoe om ’n werksonderhoud baas te raak.

 

Adele Croucamp, die eienaar van ’n organisasiebestuur-konsultasiemaatskappy, het vir die studente vertel wat hulle in die werksomgewing kan verwag. Uit die lewendige besprekings en netwerkskakeling tussen die sprekers en die alumni was dit duidelik dat albei die sprekers in die kol was.

 

Vat die pad na Parys en Gariep

Die lewe het alles met gee en neem te doen – dit het duidelik geword by die onlangse alumnigeleenthede wat op ons NWU-kampusse en ook so ver weg as Gariep en Parys gehou is.

Alumni Lionel Eksteen (agter, derde van links) en Adele Croucamp (langs hom) het met die studente oor die werklikhede van die werkslewe gepraat. Saam met hulle is van die studente wat die werkswinkel in Potchefstroom bygewoon het.

Alumni het by hierdie geleenthede inligting oor die NWU ontvang, maar ook weer iets teruggeploeg deur aan huidige studente raad te gee oor wat hulle in die werksomgewing kan verwag. Dit is byvoorbeeld wat gebeur het tydens die funksie wat op 25 Julie op die kampus in Potchefstroom gehou is.

 

By dié werkswinkel vir loopbaanbemagtiging het twee van ons alumni met 90 meestersgraad- en honneursstudente gesels oor hoe om die gaping tussen teorie en praktyk te oorbrug.   (Meer hieroor in die tekskassie in die linkerkolom.)

 

Kry die ideale werk

 

Die rolle is ook omgeruil: in plaas daarvan dat die alumni die studente bemagtig het, het die NWU ook dié alumni bemagtig wat nog probeer om die werksomgewing te betree.

 

Hierdie bemagtiging was op 2 Augustus op die kampus in Vanderbijlpark tydens ’n alumni-loopbaandag wat in samewerking met die NWU se Loopbaansentrum gehou is. Absa Vaal en Teleresources/Only the Best, ’n werwingsmaatskappy, het die gegradueerdes wat nog werk soek oor werksgeleenthede ingelig.

 

Die volgende dag, op 3 Augustus, het alumni van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe by die Emerald Casino in Vanderbijlpark bymekaargekom om te praat oor wat die toekoms kan inhou.

 

Wiele op die teer

 

Toe, op 16 en 17 Augustus onderskeidelik, was dit tyd om in die pad te val na Bloemfontein en Gariep in die hartjie van die Vrystaat. Die heel eerste alumnigeleentheid by Gariep – en in besonder die poging om by ons alumni in die meer afgeleë gebiede soos hierdie uit te kom – is baie waardeer, met alumni wat van so ver weg as Oos-Londen gekom het om dit by te woon.

 

Benewens die alumni was daar ook ouers van voornemende studente by albei die geleenthede – die een in die pragtige omgewing van die Bloemfonteinse Botaniese Tuin, en die ander een op die walle van die rustige Gariepdam.

 

Ontbyt in Parys

 

Nog ’n funksie wat in die omgewing van kabbelende water gehou is, was ʼn ontbytsessie op 29 Augustus naby die Vaalrivier in Parys. Tydens hierdie geleentheid by die ArtLovers Guesthouse het alumni van die Vredefortkoepel-area met aandag geluister na prof Fika Janse van Rensburg, die NWU se adjunkhoof en adjunk-visekanselier vir indiensnemingsgelykheid en kampusbedrywighede in Potchefstroom.

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

 

Verskeie alumni het mekaar se geselskap geniet tydens ’n alumni-ontbyt in Parys.

 

Alumni David Mapikitla en Reuben Kgagara deel ’n spesiale oomblik met prof Fika Janse van Rensburg.Dr Frans Prinsloo, David Mapikitla, Mark en Corien Pretorius luister na Fika, wat alumni by die ontbytvergadering in Parys toespreek.By Fika is sy vrou, Sunette Janse van Rensburg. Saam met hulle is alumni ds Jabulani en Limakatso Temba links, en ds Koos en Lucia Cloete regs.<>

previous

<

Die uitstallings van Absa en Teleresources trek die aandag van die alumni wat die loopbaandag in Vanderbijlpark bygewoon het.

NWU & U  |

NWU & U  |

X

Voorblad

 

Op 18 Augustus 2018 is Taahirah Zungu en Lwazi Jakuja as Mnr en Mej NWU gekroon. Taahirah is ʼn eerstejaarstudent in sportkunde op die kampus in Mahikeng en Lwazi is ʼn derdejaarstudent in die BCom Ekonomie en Risikobestuur Uitgebreide Program op die kampus in Vanderbijlpark.

Chuwayza Kotze is as eerste prinses gekroon en Ruandro Minnaar as eerste prins. Hulle is albei van die kampus in Potchefstroom.

NWU & U