X

RESEP

 

Hannetjie Joubert kén van klits, klop, meng, skei, strooi en sif en is op haar gelukkigste as sy kampioenkos in die kombuis kan optower.

 

XKlik hier om terug te gaan na die artikel.

 

x

Sjokolade-grondboontjiebotterkoek

Koek

 

525 g koekmeel

22,5 ml bakpoeier

7,5 ml koeksoda

3 ml sout

225 g sagte botter (NIE GESMELT NIE)

150 g grondboontjiebotter

500 g strooisuiker

6 eiers

15 ml vanieljegeursel

375 ml karringmelk

200 g donker sjokolade, in brokstukke

 

  1. Sif meel, bakpoeier, koeksoda en sout saam
  2. Room die botter, grondboontjiebotter en suiker tot romerig en lig
  3. Voeg die eiers een vir een by bottermengsel en klop na elke byvoeging
  4. Meng vanieljegeursel en melk
  5. Voeg ’n klein bietjie melk by die bottermengsel, dan bietjie meel, klop Herhaal totdat die melk en meel op is
  6. Vou die sjokolade in
  7. Verdeel tussen twee gesmeerde en uitgevoerde panne
  8. Bak vir 40-45 min teen 180 °C

 

Grondboontjiebotterversiersel

 

200 g sagte botter (NIE GESMELT NIE)

10 ml kookwater

15 ml vanieljegeursel

1 eier

500 g versiersuiker

300 g korrelrige grondboontjiebotter

5 ml karamelgeursel

 

  1. Klop botter, water, vanielje en eier tot lig en donsig
  2. Voeg versiersuiker by en klop tot glad
  3. Voeg grondboontjiebotter by en klop tot net gemeng
  4. Versier binne (tussen die lae van die koek) en buite

 

Karamel-springmielies

 

4 x 250 ml voorbereide springmielies

60 ml botter

30 ml gouestroop

75 ml suiker

2 ml vanieljegeursel

 

  1. Plaas botter, stroop en suiker in ’n diep mikrogolfbak
  2. Mikrogolf vir 5 min op hoog in die oop bak, roer elke minuut
  3. Roer vanieljegeursel by
  4. Roer die springmielies by, gooi in vlak pan, maak springmielies los van mekaar en laat afkoel

 

Bolaag

 

125 g gekapte grondboonbroslekkers (peanut brittle)

Sjokolade-ganache om mee te bedruip

 

  1. Sprinkel tameletjie oor die koek
  2. Plaas springmielies bo-op en bedruip met ganache

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

 

KLIK

DEEL

<

>

Navigasie

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

VIDEO

MEER INLIGTING

NWU & U  |

NWU & U  |