X

ProfiEle

In 2016 was Dipsy een van die benoemdes vir die NWU se Alumnitoekenning vir Uitnemendheid.

Haar hart is op die regte plek:

in openbare diens

In ’n loopbaan wat oor 30 jaar strek, het Dipsy Wechoemang, alumna van die NWU se kampus in Mahikeng, getoon waar haar hart lê: in openbare diens.

Dipsy dien tans as groep uitvoerende beampte vir mensekapitaal by die Padverkeersbestuurskorporasie (Engels: RTMC), waar sy verantwoordelik is vir die versekering dat die korporasie die beste werknemers kan lok, benut en behou.

 

Sy het voorheen by die nasionale Departement van Onderwys, die Departement van Openbare Diens en Administrasie en die Departement van Vervoer gewerk, waar sy baie kennis opgedoen het en haar indrukwekkende akademiese kwalifikasies deeglik ingespan het.

 

“Ek het goeie herinneringe aan die NWU, herinneringe wat ek vir niks sal verruil nie,” sê sy. “Gedurende my tyd aan die NWU het ek baie vriende gemaak en goeie dosente ontmoet, wat my gehelp het om my loopbaan te bou. Ek het ook my man daar ontmoet.”

 

Lewenslange leer en diens

 

Nadat Dipsy haar BEd-graad aan die NWU voltooi het, het sy met haar honneursgraad voortgegaan, gevolg deur ’n personeelbestuurskursus wat die NWU in samewerking met die Universiteit van Johannesburg aangebied het. Dipsy het ook ’n meestersgraad in mensehulpbronne en het ’n aantal ander graadkursusse aan Wits Universiteit, Unisa en die Universiteit van Johannesburg voltooi.

 

Dipsy het deur die jare betekenisvol tot staatsdiensbeleide bygedra.Die beleide is in strategiese mensehulpbronnebestuur en -ontwikkeling en sluit doeltreffende leierskap, personeelbestuur, -ontwikkeling en -behoud in.

 

Terwyl sy by die Departement van Vervoer was, was Dipsy instrumenteel in die stigting van die Sentrum vir Ontwikkeling se program om die studente wat besig is om in die vervoerdissiplines te studeer, finansieel te ondersteun. Die program groei bestendig en is vandag steeds geslaagd.

 

Nog ’n inisiatief wat uitstaan, is die seniorbestuurdiensbeleid vir die bestuur en ontwikkeling van senior bestuurders in die staatsdiens.

 

Lei deur haar voorbeeld

 

In haar huidige pos as groep uitvoerende beampte vir mensekapitaal by die RTMC gebruik sy haar ervaring wat sy tydens haar twee termyne as waarnemende adjunk-direkteur-generaal in die Departement van Vervoer opgedoen het. As groep uitvoerende beampte was sy betrokke by ʼn komplekse samesmelting wat die Elektroniese Nasionale Verkeersinligtingstelsel (Engels: eNaTIS), die Padverkeersinspektoraat van die Oorgrens-padvervoeragentskap met Wetstoepassing, en die opleiding- en ontwikkelingsfunksies van die RTMC met Boekenhout-verkeerskollege insluit.

 

“Sulke projekte is nie maklik nie, aangesien hulle die oorplasing van mense met verskillende diensvoorwaardes en uiteenlopende idees moet hanteer,” sê sy.

 

Familiesake

 

Dipsy is getroud met Pitso, wat ʼn kringbestuurder in die Noordwes-provinsie se Departement van Onderwys (Letlhabile-distrik) is.

 

As toegewyde Christen en ma van drie kinders, wie se ouderdomme tussen 11 jaar en 24 jaar wissel, geniet Dipsy dit om Christelike boeke en die Bybel te lees. “My gunsteling-TV-programme is op die christelike kanaal, omdat dit my inspireer, my siel voed en my karakter verder verfyn.”

 

Daar is geen twyfel nie dat hierdie NWU-alumna ’n rolmodel is wat die “diens” in openbare diens terugplaas.

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

 

KLIK

DEEL

<

>

Navigasie

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

VIDEO

MEER INLIGTING

Dipsy Wechoemang word wyd geloof vir haar ondersteuning van die Vervoerekonomie-program op die NWU se kampus in Mahikeng. By haar is prof Sonia Swanepoel, die dekaan van die Fakulteit Handel en Administrasie op daardie kampus.

Dipsy se geliefdes is manlief Pitso en hulle drie kinders. Tshepo is in Graad 6, Ketumile in Graad 9 en Thuto het ʼn BComHons Rekeningkunde-graad en werk tans by PricewaterhouseCoopers.

NWU & U  |

NWU & U  |