X

nUUs

Prof Marlene Verhoef, die institusionele registrateur, sê as taalkenner was sy verstom oor die belangrikheid van taal terwyl die nuwe Statuut opgestel is. “Ons moes seker maak dat elke woord wat gebruik word die regte woord was, en dat elke komma en leesteken op die regte plek was.”

Die rol van die Statuut is om ’n omgewing te skep wat bevorderlik is vir goeie beheer en bestuur by die universiteit.

Die Statuut het 
kreatiewe mag

Die Minister van Hoër Onderwys en Opleiding het onlangs die NWU se nuwe Statuut onderteken, en dit is ook in die Staatskoerant gepubliseer. Dit is die begin van ’n 12-maande-tydperk waarbinne die universiteit wetlik verplig is om dit te implementeer. Die NWU & U het met prof Marlene Verhoef, die institusionele registrateur, oor die proses en interessanthede van die nuwe Statuut gepraat.

“Die Statuut bepaal die struktuur by die universiteit. Dis nie bloot net ’n stuk papier nie, dit het merkwaardige kreatiewe mag,” sê Marlene. “Dit is die resultaat van aktiewe konsultasie en baie ure van harde werk wat ’n toegewyde span spesialiste en regs- en konstitusionele kundiges ingesit het.”

 

Ondersteun die nuwe struktuur en strategie

 

Toe die Raad die NWU se nuwe strategie aanvaar het, was ’n nuwe Statuut nodig om dit te ondersteun. “As die universiteit wil voortgaan om volgens sy volle potensiaal te funksioneer, het dit ’n Statuut nodig om die nuwe struktuur en strategie te ondersteun.” Marlene sê hoewel die vorige Statuut oor die algemeen as baie goed beskou is, het die verandering in strategie en struktuur ’n nuwe een genoodsaak.

 

Statuut maak veranderings moontlik

 

Die Statuut verskaf die basis om alle belangrike veranderings wat by die bestuursmodel ingesluit is, te implementeer. Dit sluit onder andere veranderings aan die samestelling van die Raad, die rol van die uitvoerende dekane oor die kampusse heen en die funksies van adjunkdekane in.

 

Die NWU sal ook vyf adjunkvisekanseliers hê: ’n adjunkvisekanselier vir onderrig en leer, ’n adjunkvisekanselier vir navorsing en innovering, en drie adjunkvisekanseliers wat aan die hoof van die drie kampusse staan.

 

Definieer verskillende rolle

 

Marlene sê ’n belangrike wysiging aan die Statuut is om op die belangrike rol en samestelling van die Institusionele Forum te fokus. Die forum se rol is om die Raad oor belangrike sake te adviseer, insluitende die keuring van kandidate vir aanstellings in die senior bestuur, die beleid oor billikheid, gedragskodes en geskilbeslegtingsprosesse en -prosedures.

 

Die rol van die Senaat in die aanstelling van alle akademiese personeel word ook in die nuwe Statuut herbeklemtoon. Volgens die Statuut moet akademici ná oorlegpleging met die Senaat aangestel word.

 

Ander betekenisvolle veranderings sluit in die instelling van een Verteenwoordigende Studenteraad wat uit 15 lede bestaan, met proporsionele verteenwoordiging van studente, en die verkiesing van ’n kampusstudenteraad op elke kampus.

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

 

KLIK

DEEL

<

>

Navigasie

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

VIDEO

MEER INLIGTING

Implementering bepaal sukses

 

“Die Statuut hang af van hoe suksesvol ons die reëls, prosedures en beleide toepas. As ons nie daarin slaag nie, sal die Statuut nie sy volle potensiaal kan bereik nie."

 

Marlene sê baie werk moet in die volgende paar maande gedoen word. “Daar is 74 beleide en ’n aantal reëls wat hersien moet word.”

 

Om die NWU se Statuut te sien, klik asseblief hier.

 

NWU & U  |

NWU & U  |