X

NUUs

NWU-alumna as

Mej SA 2017 gekroon

Toe die 21-jarige Demi-Leigh Nel-Peters op 26 Maart as Mej Suid-Afrika 2017 aangewys is, het die hele NWU en al sy belanghebbers saam gejuig. Vir die eerste keer in die geskiedenis was dit ʼn alumna van die NWU wat met die kroon weggestap het.

Demi-Leigh, oorspronklik van die Wes-Kaap, het haar BCom-graad in besigheidsbestuur en entrepreneurskap in 2016 aan die NWU se kampus in Potchefstroom behaal. In 2015 het sy die NWU verteenwoordig toe sy  as die nasionale Mej Varsitybeker aangewys is.

 

“Ons is trots daarop dat ons goed afgeronde studente lewer,” het prof Dan Kgwadi, die visekanselier, ná die aankondiging gesê.

“Veels geluk! Jy het die NWU trots gemaak.”

“Die prestasie van Demi-Leigh is weereens ʼn bewys van ons strewe om ons studente toe te rus om ʼn verskil te maak in watter sfeer van die samelewing hulle hul ook al mag bevind,” het prof Fika Janse van Rensburg, waarnemende rektor van die NWU se kampus in Potchefstroom, gesê.

Demi-Leigh sal binnekort na haar alma mater toe teruggenooi word sodat die NWU hierdie prestasie saam met haar kan vier.


As Mej SA het sy R1 miljoen en ander pryse soos ʼn splinternuwe motor, mediese versekering, grimering, juwele, haarsalon-behandelings, droogskoonmaakdienste, bagasie en parfuum gewen.

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

 

KLIK

DEEL

<

>

Navigasie

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

VIDEO

MEER INLIGTING

NWU & U  |

NWU & U  |