X
nUUs
INHOUD
Syfers is baie belangrik vir geoktrooieerde rekenmeesters en veral wanneer dié syfers die groot “een” insluit – nommer een in Suid-Afrika. Dit is presies wat die NWU se geoktrooieerde rekenmeesterstudente bereik het.
Met ’n slaagsyfer van 94% het die NWU die eerste plek in die land behaal wat slaagsyfers betref. Geen ander universiteit het ’n slaagsyfer van 90% of hoër gehad nie.
Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAIGR) het die uitslae van die Aanvanklike Bevoegdheidstoets (ABT: kwalifiseringseksamen deel 1) op 31 Maart bekend gemaak.
"Die nasionale gemiddelde slaagsyfer vir kandidate wat die eerste keer skryf, was 81%,” sê prof Nico van der Merwe, programleier vir geoktrooieerde rekenmeesterskap.
Altesaam 93 van die NWU se kandidate het geslaag, wat die hoogste getal in die geskiedenis van die NWU is. Die universiteit het ook ’n gesamentlike groei van 40% gehad in die slaagsyfer van swart, bruin en Indiërstudente, vergeleke met die vorige jaar.
Die resultate van die Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters van Namibië (ICAN) wat sy uitslae op dieselfde dag bekend gemaak het, was net so indrukwekkend, met ’n 94%-slaagsyfer vir die NWU se Namibiese kandidate. Trouens, die NWU het twee kandidate in die Namibiese topvyf gehad, naamlik Filippus Shikongo (tweede plek) en Leo Hamunyela (gesamentlike vyfde plek).
“As ons die SAIGR- en ICAN-syfers kombineer, het die NWU in hierdie eksamen 110 nuwe geoktrooieerde rekenmeesters vir die mark gelewer, wat weer eens ons hoogste getal ooit is,” sê Nico.
Wat die totale punte op nasionale vlak betref, het twee van die NWU se vakgroepe onder die topdrie geëindig: Finansiële Rekeningkunde wat eerste was en Ouditkunde wat derde geëindig het.
KLIK
DEEL
<
>
Navigasie
VOLGENDE ARTIKEL
VORIGE ARTIKEL
KLANK
VIDEO
MEER INLIGTING
Voorblad
Studente verwelkom Herfs toe sy op die NWU se kampus in Vanderbijlpark opdaag, uitgevat in goue karamel en heuningrige geel.
X
Contents
Contents
NWU & U