X

REDAKSIONEEL

 

Redakteur

Nelia Engelbrecht

 

Redaksie

Willie du Plessis

Bertie Jacobs

Maryke Laas

Phenyo Mokgothu

Marelize Santana

Kiewiet Scheppel

Hanlie Smuts

Annette Willemse

 

Ontwerp en uitleg

Kurrikulumontwerp en Ontwikkeling

Grafiese Dienste

 

Fotografie

Redaksie en diensverskaffers

 

Vir verdere navrae/korrespondensie

Nelia Engelbrecht,

tel 018 299 4937 of nelia.engelbrecht@nwu.ac.za

 

Die NWU & U word deur die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement in Afrikaans en Engels uitgegee.

 

 

Alumnikoördineerders

 

Susan van Rooyen (Mahikeng)   susan.vanrooyen@nwu.ac.za

 

Abigail Leshope (Potchefstroom) abigail.leshope@nwu.ac.za

 

Zanele Ngobese (Vanderbijlpark) zanele.ngobese@nwu.ac.za

 

Wat is by die NWU aan die kook?

Beste alumni

 

Een van die profielartikels in hierdie uitgawe is oor Hannatjie Joubert, ’n gourmet-kok en kookboekskrywer.

 

Dit is egter nie net in Hannatjie se kombuis dat dinge aan die borrel, sis en knetter is nie. Die NWU se “kombuis” is ook vol aktiwiteit. Die universiteit implementeer ’n nuwe Statuut en pas sy struktuur daarby aan, ’n nuwe  raadsvoorsitter neem die leisels oor, en ons geoktrooieerde rekenmeesterskap-studente haal die nasionale koerantopskrifte.

 

Ons aktiwiteite is ook daarop gemik om behoeftige studente en omliggende gemeenskappe te help. Die Meal-a-Day projek help steeds om mae vol te hou en die Studente Jool Gemeenskapdiens (SJGD) het onlangs meer as R3,5 miljoen aan verskillende individue, skole, projekte en welsynsorganisasies oorhandig.

 

Ons alumni is ook aan die “kook”. Van hulle het die nasionale begroting in Vanderbijlpark op hulle ontbytspyskaart gehad, terwyl ander goeie kos, wyn van gehalte en heerlike geselskap in George geniet het. Op die spyskaart is ook nog reünies en samekomste vir voormalige De Wilgers-inwoners, afstandstudente en Nelspruit-alumni.

 

Julle is ook welkom om vir ons te vertel wat in julle lewens aan die “kook” is – stuur ’n brief aan  nelia.engelbrecht@nwu.ac.za. Of as julle hierdie “kook”-vergelyking letterlik wil opneem, kan die fynproewers onder julle selfs jul gunstelingresepte vir ons stuur sodat ons almal in julle kulinêre vreugdes kan deel.

 

Intussen vertrou ons dat julle sal weglê aan die interessante artikels wat ons vir julle in hierdie uitgawe van die NWU & U voorgesit het.

 

 

Lekker lees.

 

Nelia en die

NWU & U span

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

 

KLIK

DEEL

<

>

Navigasie

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

VIDEO

MEER INLIGTING

NWU & U  |

NWU & U  |