X

Nuus

Finansiële foendi Ettienne le Roux het die grade BCom, BComHons en MCom Ekonomie met lof aan die NWU se kampus in Vanderbijlpark verwerf toe dit nog 'n satellietkampus van die voormalige Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys was. Later het hy ook kursusse in internasionale handel en nasionale rekeningkunde aan New York Universiteit voltooi.

Alumnus sit begroting op die ontbytspyskaart

Op 1 Maart 2017, gedurende die jaarlikse alumni-ontbyt op die NWU se kampus in Vanderbijlpark, het alumnus Ettienne le Roux die begrotingstoespraak wat die voormalige minister van Finansies, Pravin Gordhan, gelewer het, bespreek.

Ettienne, hoofekonoom van Rand Aksepbank (Rand Merchant Bank), het gesê Suid-Afrika het tans ’n R150 biljoen-begrotingstekort – dit is die bedrag waarmee die regering se uitgawes sy inkomste oorskry.

Van die 55 miljoen Suid-Afrikaners is net sowat 14 miljoen geregistreerde belastingbetalers en van hulle is net 7,4 miljoen belastingpligtig.

Dit beteken dat slegs 14% van die bevolking, saam met maatskappye en trusts, die las dra om die regering se uitgawes te dek.

Nog ʼn interessante feit oor die begroting wat hy genoem het, is dat die marginale belastingkoers van welgestelde individue wat meer as R1,5 miljoen per jaar verdien, van 41% tot 45% verhoog is. Sowat 100 000 Suid-Afrikaners val tans in dié welgestelde groep.

Maar daar is ook ʼn paar interessante feite oor Ettienne self.

ʼn Finansiële foendi in wording

Ettienne het sy loopbaan afgeskop as dosent in ekonomie by die NWU se kampus in Vanderbijlpark. Daarna was hy 'n ekonoom by die Nasionale Tesourie waar hy ook die geleentheid gehad het om sy studies in die VSA voort te sit.

Hy het sy loopbaan in die bankwese by Eerste Nasionale Bank begin, waarna hy by Rand Aksepbank aangesluit en later tot hoofekonoom gevorder het. As 'n kundige op die gebied van valuta en betalingsbalans is sy vernaamste taak om die makro-ekonomiese omgewing te moniteer vir nuwe tendense in ekonomiese veranderlikes en beleid.

ʼn Gesogte produk

Ettienne se kennis van die ekonomie maak hom gesog. In Julie 2013 het mnr Trevor Manuel, toe nog Minister in die Presidensie: Nasionale Beplanningskommissie, hom as lid van die Suid-Afrikaanse Statistiekraad benoem.

Hy is gereeld in die media en het al verskeie meningstukke en navorsingsartikels in nasionale koerante soos Business Day en Financial Mail gepubliseer.

Ettienne handhaaf nog sterk bande met sy alma mater en bied per geleentheid gaslesings in ekonomie by die NWU se kampus in Vanderbijlpark aan. Hy gesels ook soms met alumni oor onderwerpe soos wêreldwye finansiële markte en die toekoms van die Suid-Afrikaanse ekonomie.

DIE NWU & U

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

KLIK

DEEL

<

>

Navigasie

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

VIDEO

MEER INLIGTING

In 2014 het die NWU vir Ettienne le Roux met ʼn Alumnitoekenning vir Uitnemendheid vereer. Hier is hy saam met prof Linda du Plessis, die waarnemende rektor van die NWU se kampus in Vanderbiljpark.

next

>

NWU & U  |