X

NUUs

Maria Mopelong van die NWU se Fondsinsameling- en Ontwikkelingskantoor sê die universiteit is baie dankbaar vir die groot hoeveelheid voedselitems wat Tiger Brands geskenk het. Dit het kos soos sousboontjies, gemengde vrugtekonfyt, grondboontjiebotter, suikersplit-ertjies, gemengde groente, suikerboontjies, hawermout, rys, stampmielies en mieliemeel ingesluit.

Meal-a-Day help om mae
vol te hou

Die Noordwes-Universiteit se “Meal-a-Day”-projek het die afgelope agt jaar ’n belangrike bydrae tot die fisiese welstand van studente gelewer.

“Ek is seker ons stem almal saam dat een maaltyd ’n dag nie genoeg is nie, maar dit is ’n goeie plek om te begin as jy behoeftige studente wil help om hul volle potensiaal te ontwikkel,” sê Maria Mopelong, koördineerder vir fondsinsameling en ontwikkeling.

 

Die NWU ontvang elke jaar meer as 1 000 Meal-a-Day-aansoeke op al sy kampusse, en die behoefte is selfs groter as wat die getalle aandui, aangesien nie almal om hulp vra nie. Die aanduidings is dat die behoefte die beskikbare hulpbronne ver oorskry.

 

Die Fondsinsamelings- en Ontwikkelingskantoor, in samewerking met die NWU se drie kampusse, bedryf die Meal-a-Day-projek, wat aan behoeftige studente ’n maand se voorraad noodsaaklikhede gee, wat klere, toiletware en genoeg kos vir een maaltyd ’n dag insluit.

 

Die jongste skenker om hierdie verdienstelike projek te ondersteun, is Tiger Brands, ’n JSE-genoteerde vervaardiger en bemarker van vinnig bewegende verbruikersgoedere. Hulle skenking sal help om baie leë mae te vul. Hulle het vroeg in Maart groot hoeveelhede voedselitems geskenk, en onderneem om voort te gaan om gereeld kos aan die projek te skenk.

 

Voorvalle van ondervoede studente wat tydens lesings flou val, is ongelukkig ’n groeiende realiteit op al die kampusse.Ondervoeding is ’n groot uitdaging

 

’n Toenemende getal studente sukkel om teen die einde van die jaar met hulle geld uit te kom, sê Maria. “Wanneer Barmhartige Samaritaan-medestudente nie hulle hulp kan volhou nie, nader hulle gewoonlik Meal-a-Day namens die behoeftige studente vir hulp.”

 

Die toename in versoeke om hulp het die programadministrateurs gedwing om streng keuringskriteria toe te pas. Slegs behoorlik ingevulde aansoeke met die vereiste stawende dokumente word oorweeg.

 

Studente se studievordering word ook streng dopgehou, en hulp word gestaak as die student se prestasie nie aan die gestelde akademiese kriteria voldoen nie. Die hulp word grootliks beperk tot behoeftige studente met beurse wat nie vir kos voorsiening maak nie.

 

Toegewyde spanne agter Meal-a-Day

 

’n Ambisieuse program soos Meal-a-Day is nie sonder ’n toegewyde span moontlik nie. Die fondsinsameling- en ontwikkelingspan is voortdurend op soek na potensiële skenkers om die program te ondersteun. Aansoeke word deur voltydse en vrywillige maatskaplike werkers en sielkundiges gekeur.

Daar is ook ʼn implementeringspan met verteenwoordigers van al die kampusse, wat by die monitering van aansoeke betrokke is.

 

Die NWU se studente is nog ’n sterk krag in die stryd teen ondervoeding.Studente samel niebederfbare kos deur projekte soos Jool in.

 

Die Big Prim-inisiatiewe in die koshuise, veral dié op die NWU se kampus in Potchefstroom, verskaf onopvallende maar betekenisvolle steun aan behoeftige inwoners. Daar is ook ander anonieme ondersteuners.

 

Jy kan ’n verskil maak

 

Maria sê studente, personeel, alumni en vriende sal binnekort aanlyn tot Meal-a-Day en ander verdienstelike universiteitsprojekte kan bydra. Sy doen ’n beroep om ondersteuning. “Jy kan ʼn verskil maak,” sê sy.

 

Belangstellendes kan Maria by maria.mopelong@nwu.ac.za of 018 285 2596 kontak.

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

 

KLIK

DEEL

<

>

Navigasie

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

VIDEO

MEER INLIGTING

Klaar gepak en reg om te vertrek: Maria sê dié spesifike besending met broodnodig kositems was op pad na die NWU se kampus in Vanderbijlpark.

NWU & U  |

NWU & U  |