X

NUUs

Marina Visser se hersiene voedingprofiel-aanwyser het die voedingswaardes van 120 peuselhappies en koeldranke beoordeel.

 

Eet vir voedingswaarde, nie kalorieë nie

 

Voedsel voorsien ons liggame met die energie, proteïene, essensiële vette, vitamiene en minerale om te lewe, te groei en te funksioneer. Marina sê om ’n gebalanseerde dieet te handhaaf is noodsaaklik vir goeie gesondheid en welstand.

 

“Mens het ’n wye verskeidenheid van verskillende voedselsoorte nodig om die regte hoeveelheid voedingstowwe vir goeie gesondheid te voorsien. Omdat mense meer voedsel wat laag in noodsaaklike voedingstowwe en hoog in kalorieë is, verbruik, word dit toenemend moeiliker om genoeg voedingstowwe in te neem sonder om ’n toename in gewig tot gevolg te hê.”

 

Kyk nuut na gesonde peuselhappies vir kinders

Marina Visser, 'n PhD-student aan die NWU se Sentrum van Uitnemendheid vir Voeding het 'n internasionaal erkende voedingprofiel-aanwyser vir die Suid-Afrikaanse mark aangepas wat dit makliker maak om gesonde eetgewoontes aan te leer.

Die oorspronklike voedingprofiel-aanwyser is 'n Amerikaanse wetenskap-gebaseerde stelsel met die oogmerk om veral versadigde vette en te veel suiker en sout te beperk, terwyl die inname van belangrike voedingstowwe bevorder word.

 

Die aanwyser gebruik ’n algoritme en genereer 'n enkele telling vir individuele kossoorte of maaltye. Dit help om voedsel met die meeste voedingstowwe en relatief min kilojoules en kalorieë te identifiseer.

 

“Professor Adam Drewnowski, ’n epidemioloog van Washington Universiteit, het die voedingprofiel-aanwyser in 2010 ontwikkel en het sedertdien aanbeveel dat lande dit by hul plaaslike behoeftes aanpas,” sê Marina.

 

Aangepas vir SA

Marina het besluit om die internasionaal erkende voedingprofiel-aanwyser as deel van haar PhD-studie aan te pas. Die oogmerk van haar studie is om die tradisionele dieetstatus van laerskoolkinders op ’n koste-effektiewe manier aan te pas om gesonder voedingstowwe in die dieet te inkorporeer.

Sy het saam met ander senior voedingkundiges die plaaslike voedingprofiel-aanwyser ontwikkel ná die voltooiing van 'n deeglike wetenskaplike literatuuroorsig. Dit evalueer die nasionale voedingstatus van Suid-Afrikaanse kinders en bestaan uit data van vorige studies tussen 1999 en 2012.

Data wat tydens hierdie 13 jaar versamel is, dui op die volgende:

 

  • Kinders tussen een en nege jaar oud toon aansienlike tekorte aan mikro-voedingstowwe soos kalsium, yster, sink, asook vitamien A en verskeie B-vitamiene.
  • Vetsugvlakke onder kinders het vinnig toegeneem.

 

Vetsug-epidemie bekommer

“Vetsug in kinders van twee tot 14 jaar oud het gemiddeld van 10,6% tot 18,2% toegeneem. Wat skrikwekkend is, is die feit dat adolessente tussen 15 en 17 jaar oud ’n toename van 21% tot 27% getoon het,” sê Marina.

 

Sy sê dit is 'n bron van kommer in Suid-Afrika. Die Wêreldgesondheidsorganisasie het oortuigende bewyse gevind dat ’n hoë inname van energie-digte voedsel gekoppel is aan die globale vetsug-epidemie.

Die inligting oor die peuselhappies wat skoolkinders eet, dui daarop dat dit veral southappies, lekkers, sjokolade en koekies is. Dit word oor die algemeen geassosieer met ’n lae voedingswaarde en 'n hoë energie-inname.

Marina se hersiene voedingprofiel-aanwyser het die voedingswaardes van 120 peuselhappies en koeldranke beoordeel.

 

Van die gewilde Suid-Afrikaanse peuselhappies is byvoorbeeld harde aartappelskyfies, ’n halwe witbrood gevul met geprosesseerde kaas of vleis en diepgebraaide aartappelskyfies (slaptjips), soet koekies en sjokolade.

 

Marina is vol vertroue dat haar aangepaste voedingprofiel-aanwyser 'n nuttige hulpmiddel kan wees om kundigheid met betrekking tot voeding aan die verbruiker te verskaf. “As jy slimmer voedingskeuses maak kan jy aan die aanbevole daaglikse voedingstowwe voldoen sonder om onnodige kilojoules in te neem.”

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

 

KLIK

DEEL

<

>

Navigasie

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

VIDEO

MEER INLIGTING

 

Peusel gesond en koste-effektief

 

Marina sê om peuselhappies wat hoë energiewaarde en lae voedingswaarde het te vervang met gesonder opsies soos lae-vet melk produkte, vrugte, groente, vleis sonder vet, vis en eiers, sal nie net die gehalte van kinders se diëte verbeter nie, maar kan ook help om vetsug te bekamp.

 

Studies het getoon jogurt en ander suiwelprodukte is ryk aan voedingswaardes en het ’n laer kilojoule- (energie-) waarde wat nie net noodsaaklike voedingstowwe verskaf nie, maar ook goeie bronne van die vermiste voedingstowwe in ons diëte soos proteïene en kalsium is.

 

"Hoewel koste 'n implikasie is, is dit wel met deeglike beplanning moontlik om gesonde peuselhappies voor te sit wat jou nie 'n arm of 'n been sal kos nie."

 

“Gesonde peusel speel 'n belangrike rol om gewig en nutriëntinname te handhaaf. Dit help om bloedglukose te bestuur, wat die gevoel van honger laat afneem en ʼn mens se eetlus beter beheer. Die gewoonte om gesond te peusel moet verkieslik reeds tydens die kinderjare en adolessensie begin wanneer die grondslag vir eetgewoontes gevestig word.”

 

NWU & U  |

NWU & U  |