X

NUUs

Hierdie boek beskryf hoe toegewyde mense in die Fakulteit Natuurwetenskappe dit reggekry het om ʼn trotse fakulteit met ʼn roemryke verlede te bou.

Boek vertel fakulteit se 100 jaar oue verhaal

ʼn Glanspublikasie wat die inspirerende 100 jaar oue verhaal van die Fakulteit Natuurwetenskappe op die NWU se kampus in Potchefstroom vertel, het onlangs verskyn.

Dié boek, ʼn Bekroonde nalatenskap: Die Fakulteit Natuurwetenskappe van die NWU oor 100 jaar, is deur prof Elize van Eeden, ʼn ervare geskiedskrywer, saamgestel en is tydens ʼn spesiale geleentheid aan personeel van die fakulteit en gaste bekend gestel.

 

Die dekaan van die fakulteit, prof Kobus Pienaar, het tydens die geleentheid gesê hy hoop die inspirerende geskiedenis sal die huidige en toekomstige personeel en studente in hul werksaamhede inspireer en ondersteun.

 

“Die leser kan verwag om te lees hoe geesdriftige, roepingsbewuste mense dit reggekry het om ʼn trotse fakulteit te bou, dikwels in moeilike tye en ten spyte van baie hindernisse.”

 


Vorige dekane van die Fakulteit Natuurwetenskappe het die boekbekenstellingsgeleentheid bygewoon. Hulle is prof Pieter Stoker (1977 tot 1982), prof Carools Reinecke (1983 tot 1985), prof Jan Geertsema (1990 tot 1998), prof Daan van Wyk (1999 tot 2006), en prof Kobus Pienaar (huidige dekaan). By hulle is prof Elize van Eeden, redakteur en skrywer van die boek.

 

Reis terug in tyd

 

Die fakulteit het in 1922 ontstaan, maar sy wortels strek terug tot in 1869 met die stigting van die Teologiese Skool van die Gereformeerde Kerk in Burgersdorp. Dié skool het later deel van die Potchefstroomse Universiteitskollege geword, was vanaf 1951 deel van die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (PU vir CHO) en is sedert 2004 deel van die NWU.

 

Kobus sê die fakulteit was nooit in isolasie nie en het in die verlede ook opleidingsprogramme soos farmasie en ingenieurswese gehuisves, selfs voor dit later in volwaardige fakulteite ontwikkel het.

 

ʼn Unieke karakter

 

Hy sê die naspoor van die gebeure wys hoe die fakulteit ʼn eie denktradisie, gegrond op tipies natuurwetenskaplike denke, ontwikkel het. Dit sluit die vereiste van datagebaseerde gevolgtrekkings en die eksaktheid vanuit die wiskundige wetenskappe in.

 

“Die fakulteit was altyd navorsinggedrewe en die ontwikkeling van ʼn eie waardestelsel van diensbaarheid, toewyding en die belangrikheid van vakfilosofie is besonder sigbaar.

 

Vertel die storie

 

“Die huidige fakulteit het ʼn besonder trotse verlede wat nasionaal en internasionaal gedeel moet word, veral met alumni, personeellede en akademici.”

 

Skrywers en navorsers vir die 18 vakke en vyf navorsingsentiteite het meegewerk om die geskiedenis vas te pen.

 

Tydens die geleentheid is ʼn eksemplaar van die boek aan prof Fika Janse van Rensburg, die waarnemende kampusrektor, en aan verteenwoordigers van verskeie instansies oorhandig. ʼn Elektroniese weergawe van die boek is gratis beskikbaar by http://hdl.handle.net/10394/20995.

 

Om ʼn gedrukte eksemplaar van die boek te kry, kan belangstellendes met Lizelle le Roux by 018 299 2301 skakel.

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

 

KLIK

DEEL

<

>

Navigasie

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

VIDEO

MEER INLIGTING

 

“Ons het in Julie 2014 vir ons alumni vertel van die boek wat ons oor die fakulteit se geskiedenis wil publiseer en vir hulle inligting gevra. Ons wil nou graag almal bedank wat bydraes gestuur het.”

 

- Ashleigh Pieterse, senior skakelbeampte, Fakulteit Natuurwetenskappe

 

NWU & U  |

NWU & U  |