X

Redaksioneel

Prof Dan Kgwadi

Boodskap van die

visekanselier

Beste alumnus,

 

Ek is 'n dubbele alumnus van die Noordwes-Universiteit. Laat my toe om te verduidelik: ek het my eerste graad aan die voormalige Universiteit van Bophuthatswana (UNIBO) verwerf. Later, nadat ek 'n meestersgraad in die VSA en een aan die Universiteit van die Noorde verwerf het, het die voormalige Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (PU vir CHO) 'n PhD aan my toegeken.

 

Aangesien die Noordwes-Universiteit uit die samesmelting tussen die Universiteit van Noordwes (UNW – voorheen UNIBO) en die PU vir CHO tot stand gekom het, is ek akademies diepgewortel in die NWU en sy voorgangers. My toewyding lê ewe diep.

 

“Ek is egter ook baie bly dat ek ook 'n oudstudent by twee ander universiteite is. My studies daar het my ervaringsveld verbreed. Vandaar my verbintenis tot diversiteit.”

Eweneens word my lewenservaring deurgaans verdiep as gevolg van my betrokkenheid by verskeie akademiese, kerk-, en gemeenskapsaktiwiteite. My verskillende identiteite word dus daagliks gevorm en getransformeer.

 

Een van hulle is dié van oudstudent; 'n alumnus van my ontwikkelde alma mater, die Noordwes-Universiteit. Dit is vir my geweldig waardevol.

 

Ons terugvoer wys dat duisende alumni met my saamstem. Hulle vermy die oordrewe individualisme wat deur sosiale media aangevuur word, omdat hulle wil behoort – aan 'n familie, klub, geloofsgemeenskap of 'n sportspan se ondersteunersgroep. Mense betaal immers om 'n spesifieke span se kleure te dra!

 

Wanneer ons nuus oor die universiteit en sy mense met u deel, hoop ons om u band met die NWU daardeur te versterk. Ons glo dat ons aan u 'n plek bied waar u tuis kan voel.

 

U verbintenis met die NWU mag hoofsaaklik met 'n spesifieke kampus, koshuis of fakulteit wees. Ons ervarings verskil en so ook ons herinneringe en bepaalde verhoudings.

 

Hoe dit ook al sy, ek glo dat u met trots in hierdie uitgawe van NWU & U van ons raadsvoorsitter, adv Johan Kruger, prof Mamokgethi Phakeng (voorheen Setati) of dr Johann de Jager sal lees.

 

Hulle is slegs 'n paar van ons alumni, maar wie hulle is en wat hulle doen is belangrik. Ons deel in hulle suksesse en mensheid. Ek vertrou dat hierdie uitgawe se stories oor die prestasies van die NWU en ons alumni u sal inspireer.

 

Vriendelike groete,

Prof Dan Kgwadi

Visekanselier

 

 

Die NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto’s of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Klik

deel

<

>

Navigasie

volgende artikel

vorige artikel

klank

video

Meer inligting

NWU & U  |

X

inhoud

inhoud

NWU & U