X

Nuus

Tydens die opedae vir voorgraadse studente kan jongmense en hul ouers ook belangrike inligting by departemente soos Beurse en Lenings en die Toelatingskantoor bekom.

Daarby kan hulle ʼn draai maak by die inligtingstalletjies met uitstallings oor die aktiwiteite van die onderskeie koshuise, kultuurverenigings en akademiese skole, sentrums en fakulteite.

 

Opedae maak
nuwe deure oop

Duisende voete laat die herfsblare op die kampuspaadjies ritsel. Opgewonde jong stemme gesels in verskillende Suid-Afrikaanse tale terwyl blink oë gretig die kampustuine en -geboue inneem.

Dit is opedag by die Noordwes-Universiteit – ʼn geleentheid vir voornemende studente en hul ouers om meer uit te vind oor die verskillende studierigtings, die toelatingsvereistes, finansies, studenteverblyf en die ondersteuningsdienste wat beskikbaar is om studente by te staan.

 

Behalwe opedae vir voorgraadse studente, is daar ook aparte opedae vir nagraadse studente.

 

Voorgraadse opedae vind in Mei plaas

 

Die opedae vir voornemende voorgraadse studente word elke jaar in Mei op al die NWU-kampusse gehou.

 

Hoewel die dag se program nie heeltemal dieselfde op die verskillende kampusse is nie, is daar gewoonlik op elke kampus 'n massavergadering waartydens die rektor ouers en studente verwelkom en hulle meer oor die NWU en die spesifieke kampus vertel. Daarna kan die besoekers inligtingsessies by die verskillende fakulteite bywoon en die huiskomitees en huisouers van die koshuise ontmoet.

 

Nagraadse opedag in Augustus

 

Die opedae vir nagraadse studente word op dieselfde dag in Augustus dwarsoor die NWU gehou – hierdie jaar op 13 Augustus.

 

Weereens is elke kampus se program nie identies nie, maar indien jy 'n voornemende nagraadse student is, sal jy op die dag min of meer die volgende kan verwag:

 

  • Besoek die fakulteit van jou studierigting
  • Kry 'n kwotasie vir jou voorgenome studierigting
  • Doen onmiddellik aansoek om registrasie (met persoonlike hulp of aanlyn)
  • Doen aansoek vir 'n beurs en vind meer uit oor ondersteuning wat die Nasionale Navorsingstigting (NNS) bied
  • Besoek die biblioteek, veral die dele spesifiek vir nagraadse studente

 

Internasionale studente kan ook met ons internasionale kantoor gesels.

 

Of jy 'n ouer is met 'n voornemende student onder jou dak, of self 'n nagraadse student is, moenie die volgende opedag misloop nie. Ons groet jou graag met 'n vriendelike Goeiedag! Good day! of Dumelang!

 

 

Die NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto’s of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Klik

deel

<

>

Navigasie

volgende artikel

vorige artikel

klank

video

Meer inligting

NWU & U  |