X

redaksioneel

Skryf gerus en vertel ons waar in die wêreld julle jul bevind en hoe dit met jul loopbane gaan, of skryf sommer oor ditjies en datjies wat julle na aan die hart lê.

 

Stuur julle briewe na nelia.engelbrecht@nwu.ac.za, faks dit na 086 614 3222 of pos dit aan Nelia Engelbrecht, Institusionele Kantoor, Noordwes-Universiteit, Privaat Sak X1290, Potchefstroom, 2520.

 

ONS HOOR GRAAG VAN JULLE!

Sanja-Rika en Theo Venter, met wie sy intussen getroud is, is al twee alumni van die Potchefstroomkampus van die NWU.

Hou die volgende uitgawe van die NWU & U dop vir ʼn lekker lang artikel waarin Sanja-Rika meer vertel van hulle ervaringe in Sjina.

 

Dit kom van ver af

Sjina, ‘n land vol verrassings

Sanja-Rika op die Groot Muur van Sjina.

Op 28 Augustus 2014 klim ek en my aanstaande man, Theo Venter, op ’n vliegtuig na Sjina, om “English as a foreign language” aan te bied.

 

Ná ’n 13-uur-lange vlug land ons in Hong Kong, vanwaar ons met ’n veerboot na Shenzhen, ons finale bestemming, vertrek.

 

Ons skool in Shenzhen se naam is “Mingde Foreign Language Experimental School” en het 5 000 studente van Gr1 tot Gr12, en 300 personeellede.

 

Ons eerste skooldag breek aan en ons ontmoet ons entoesiastiese leerders wat baie opgewonde is om vir die eerste keer in hul lewe ’n buitelander in lewende lywe te sien. Daar word “ge-oooh” en “ge-aah”, aan ons gevat, na ons toe gehardloop en dan weer vinnig weggehardloop.

 

Die volgende maande vlieg verby, met ons dae wat uit skoolgee en Sjinese klasse bestaan.

 

My verloofde ry een keer ‘n week in middestad toe om vir die Shenzhen Dragons rugby te speel. As ons die geleentheid kry, toer ons die hele Sjina vol – Beijing, Kaiping, Guangzhou, Xiamen, Hong Kong, Yunnan en vele meer. Ons leer ’n fassinerende kultuur en taal ken. Ons sien ongelooflike landskappe en eet interessante kos. Dit raak soms eensaam en dan verlang mens terug na jou eie taal, kultuur, mense en normaliteit.

 

So het twee jaar verbygegaan en nou sit ek hierdie brief en skryf uit Shanghai – ʼn ongelooflike, metropolitaanse, moderne stad met 28 miljoen mense. Baie het verander sedert ons die eerste keer in 2014 in Hong Kong geland het. Ons daaglikse omgangstaal is nie meer Afrikaans nie, maar Sjinees en Engels. Ons is gewoond aan bedompige somers en koue winters. Ons vra vir ‘chopsticks’ as daar vir ons ‘n mes en vurk gegee word, en ons drink warm water, selfs in die somer.

 

Hierdie is ons finale jaar in Sjina, maar ons het soveel geleer en soveel nuwe herinneringe geskep.

 

Ek sluit hierdie brief af deur te sê: “Pak jou tas en gaan sien die wêreld. Daar is soveel daar buite om te sien en te leer. Jy mag dalk in Asië, Suid-Amerika of Europa wees, maar jou hart sal steeds in Afrika wees.”

 

Zàjiàn (my naam in Sjinees)

Sanja-Rika Venter

 

(Brief verkort.)

 

 

Die NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto’s of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Klik

deel

<

>

Navigasie

volgende artikel

vorige artikel

klank

video

Meer inligting

NWU & U  |