X

nuus

Mnr Yukiya Amano van die IAEA saam met prof Dan Kgwadi, visekanselier van die NWU, tydens die besoek aan die Institusionele Kantoor. Mnr Amano sê die IAEA sal voortgaan om nou met Suid-Afrika saam te werk soos wat die land in die komende jare sy kernkragprogram uitbrei.

Suid-Afrika neem aktief deel

Mnr Yukiya Amano sê die IAEA heg groot waarde aan hul samewerking met Suid-Afrika en dat dié land – deur sy aktiewe deelname aan die werk van die IAEA – ʼn belangrike rolspeler is.

Hy beklemtoon dat dit elke land se eie besluit is of hy van kernkrag gebruik wil maak; die IAEA wend geen poging aan om lande se besluite te beïnvloed nie.

Alhoewel Suid-Afrika op die oomblik nog die enigste Afrikaland is wat kernkrag gebruik, is daar verskeie Afrikalande onder die nagenoeg 30 lande wat kernkrag oorweeg.

 

Atoomenergieagentskap
besoek NWU

Die direkteur-generaal van die Internasionale Atoomenergieagentskap (IAEA) het die NWU se Institusionele Kantoor op 11 Mei besoek.

Saam met mnr Yukiya Amano, die hoof van die afvaardiging van die Wene-gebaseerde IAEA, was verteenwoordigers van Suid-Afrika se Departement van Energie, die Nasionale Kernreguleerder en die Suid-Afrikaanse Kernenergiekorporasie.

 

IAEA se rol in atoomenergie

 

Die onderwerp van mnr Amano se openbare lesing was “Atoms for peace in the 21st Century”. Hy het inligting verskaf oor die werk en projekte van die IAEA en gesê die agentskap is aktief wat alle belangrike areas en uitdagings betref. Dit sluit in die opwek van genoeg energie, klimaatsverandering, voedselproduksie vir ʼn groeiende wêreldbevolking, en planne om die voordele van moderne gesondheidsorg aan almal beskikbaar te stel.

 

“Die slim gebruik van kernwetenskap en -tegnologie kan ʼn groot bydrae lewer om oplossings te vind vir baie van die groot probleme wat die wêreld tans in die gesig staar.”

 

Bevorder wêreldwye vrede

 

Volgens hom bevorder die IAEA internasionale samewerking wat die vreedsame gebruik van kernwetenskap en -tegnologie betref.

“Ons werk het ʼn beduidende impak op die beskikbaarstelling van kernwetenskap en -tegnologie vir elektrisiteitsopwekking, die verbetering van menslike en dieregesondheid, en die verhoging van voedselproduksie.”

 

NWU op die voorpunt van kernnavorsing

 

Die besoek was ook ʼn geleentheid vir die NWU om die universiteit se kernnavorsings- en -ontwikkelingsprogramme ten toon te stel.

 

Dit sluit in die Sentrum vir Toegepaste Stralingswetenskap en -tegnologie, die Skool vir Meganiese en Kerningenieurswese se programme, kerningenieursnavorsing deur die Suid-Afrikaanse Navorsingsleerstoel-inisiatief (SARChi) van die Departement van Wetenskap en Tegnologie/Nasionale Navorsingstigting, en samewerking met die bedryf en ander universiteite deur die Suid-Afrikaanse Netwerk vir Kernonderrig, -wetenskap en -tegnologie (SAN-NEST).

 

* Klik hier om mnr Yukiya Amano, direkteur-generaal van die IAEA, se volle lesing te lees.

 

 

Die NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto’s of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Klik

deel

<

>

Navigasie

volgende artikel

vorige artikel

klank

video

Meer inligting

Mnr Yukiya Amano, direkteur-generaal van die Internasionale Atoomenergieagentskap (IAEA), het by die NWU aangedoen as deel van sy besoek aan Suid-Afrika. “Ek geniet dit altyd om studente te ontmoet as ek so om die wêreld reis. Jongmense se entoesiasme vir wetenskap en tegnologie is ʼn bron van inspirasie.”

 

NWU & U  |