X

Nuus

Studente kan kies of hulle aan aanvullende onderrig wil deelneem, maar almal word aangemoedig om AO-sessies by te woon waar hulle gemotiveer en onderrig word en ook geleer word om outonome leerders te word.

Meer oor AO

 

Aanvullende onderrig (AO) is ʼn internasionaal erkende akademiese ondersteuningstelsel vir studente wat wêreldwyd by universiteite en hoëronderwysinstansies aangebied word. Dit bied bykomende groepstudiesessies in moeilike modules, gefasiliteer deur senior studente wat die betrokke module reeds suksesvol voltooi het.

 

Suid-Afrika is die enigste land in die wêreld waar daar twee AO-sentrums is. Dit is die NWU in die noorde, en die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit in die suide.

 

AO word gratis aangebied aan alle studente in geteikende kursusse. Dit is ʼn nie-remediële benadering tot leer aangesien die program toegespits is op hoërisikokursusse eerder as hoërisikostudente.

 

Navorsing oor die voordele van deelname aan ʼn AO-program toon dat deelnemende studente voordeel trek ten opsigte van hul motivering en hul sosiaal- en metakognitiewe gedrag. Volgens Charl word baie studente wat die AO-program voltooi uiteindelik dosente.

 

Vir verdere inligting oor aanvullende onderrig:

Mariaan Klopper

Kantoor vir Akademiese Ontwikkeling en Ondersteuning

Tel: 018 299 4870 en e-pos: mariaan.klopper@nwu.ac.za

 

NWU blink uit in 
aanvullende onderrig

Wanneer dit kom by ondersteuning met die oog op studentesukses is ons universiteit voorwaar in ʼn klas van sy eie. Die NWU het internasionale erkenning ontvang vir uitnemendheid, volgehoue toewyding en aktiewe betrokkenheid in aanvullende onderrig (AO), en die universiteit se tweede internasionale aanvullende onderrig-opleier is gesertifiseer.

Dr Charl Nel is NWU se nuutste gesertifiseerde AO-instrukteur. Mariaan Klopper, projekleier van AO, sê hulle is baie trots op die NWU se prestasies op hierdie gebied. Behalwe dat die universiteit nou twee geakkrediteerde instrukteurs het, geniet die NWU se AO-program ook internasionale erkenning vir die toewyding, navorsing en bydraes tot die groter AO-gemeenskap.

Nadat die NWU in 2010 internasionale erkenning ontvang het, is die toekenning weer in Mei vanjaar gemaak tydens die negende tweejaarlikse internasionale Konferensie vir Aanvullende Onderrig by die Universiteit van Missouri in Kansas City in die VSA. Die Universiteit van Missouri is sedert 1973 die eerste vlagskip-AO-programeienaar in die VSA. Die konferensie is bygewoon deur bykans 400 verteenwoordigers van 100 lande.

 

NWU het die grootste program

 

“Die toekenning beteken dat ons erkenning geniet as een van die uitstaande AO-programme in die wêreld,” sê Mariaan Klopper, projekleier van AO in die Institusionele Kantoor.

 

Die memorandum van verstandhouding wat die NWU in 2010 met die Universiteit van Missouri onderteken het, is tydens ʼn seremoniële ondertekening en AO-opleier-akkreditasieseremonie in Kansas City hernu.

“Die NWU spog met die grootste program van sy soort ter wêreld.”

 

“Daar is 11 gesertifiseerde AO-opleiers in die wêreld, en twee van hulle is by die NWU,” sê Mariaan, wat self die eerste NWU-personeellid was om hierdie akkreditasie te ontvang.

 

Dr Charl Nel is die NWU se tweede gesertifiseerde AO-instrukteur. Sy akkreditasie beteken dat hy nou opleiding kan verskaf aan AO-toesighouers, voornemende AO-programleiers en studente - aan die NWU, asook nasionaal en internasionaal.

 

As internasionale instrukteurs vir die AO-program dien Charl en Mariaan nou albei op die uitvoerende raad van die Internasionale Sentrum vir Aanvullende Onderrig.

 

Die NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto’s of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Klik

deel

<

>

Navigasie

volgende artikel

vorige artikel

klank

video

Meer inligting

Waar dit alles begin het

 

Die voormalige Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys is sedert 1996 betrokke by AO. Ná die samesmelting in 2004 is dit ook by die NWU geïmplementeer, waar dit ʼn strategiese prioriteit en deel van die nuwe universiteit se Institusionele Plan geword het.

 

Kort daarna, in 2006, het die NWU se Raad ook ʼn Beleid vir Aanvullende Onderrig aanvaar, wat die NWU die eerste tersiêre instansie ter wêreld maak waar die universiteitsbestuur besluit het om studentesukses op hierdie wyse te prioritiseer.

 

Hiermee is ʼn gestandaardiseerde akademiese studente-ondersteuningsprogram daargestel vir alle studente wat op die verskillende kampusse van die NWU ingeskryf is. Dit beklemtoon hoe belangrik akademiese toegang, sukses en retensie vir die universiteit is.

 

NWU & U  |