NUUS

Prof Herman van der Merwe, adjunkdekaan vir onderrig en leer in die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, is ’n geesdriftige kampvegter vir elektroniese assessering by die NWU.

 

 

“Ons glo dat dit net die begin van groot dinge en talle verdere ontwikkelings in elektroniese assessering by die NWU is.”

 

- Prof Herman van der Merwe

 

“Die voordele van die Cirrus-assesseringsplatform strek baie verder as die Covid-19-krisis, en sal studente in staat stel om aan eksamentipe-ervarings deel te neem, of hulle nou op die kampus is, of vanaf afgeleë plekke werk,” sê prof Robert Balfour, adjunk-visekanselier vir onderrig en leer.

Onderrig verwelkom nuwe intrekkers in die buurt

Gedurende die afgelope paar maande het die hoëronderwysbuurt twee nuwe intrekkers verwelkom – die een heet Aanlyn en sy ouer broer heet Die Vierde Rewolusie – en die NWU omarm albei.

Ja, ten spyte van verskeie uitdagings in 2020 wat met die Covid-19-pandemie verband hou, het die NWU verandering aanvaar en nuwe geleenthede benut. Dit het gelei tot verskeie mylpale wat in ons onderrig-leer-omgewing bereik is.

 

In hierdie artikel kyk ons na twee van hulle: die aanvaarding van ʼn aanlyn platform vir die assessering van studente en ook van ʼn geoutomatiseerde aanlyn stelsel wat die plasing van studente vir praktiese werk vereenvoudig. (Kyk tekskassies onder en regs vir laasgenoemde.)

 

Neem assessering van studente aanlyn

 

Dosente het op 1 Oktober amptelik begin om die nuwe Cirrus-e-assesseringsplatform te gebruik om hulle in staat te stel om studente in ’n aanlyn omgewing te assesseer. Dit volg ná ’n proses wat reeds meer as ’n jaar gelede begin het toe die NWU verskillende assesseringsplatforms ondersoek het wat plaaslik en internasionaal beskikbaar is.

 

Potensiële platforms is tydens die inperkingstyd ondersoek met die doel om teen Januarie 2022 die belowendste platform ten volle te integreer sodra dit aan al die universiteit se vereistes voldoen.

 

Wolkgebaseerde Cirrus loop oor van moontlikhede

 

Daar is gevind dat die Cirrus-platform die heel beste oplossing bied om aan die spesifieke onderrig-en-leer-vereistes van die NWU te voldoen.

 

“Dit maak aantekeninge deur die assessor moontlik, verskaf pasgemaakte nasiengeleenthede, gee ’n mate van assesseringsekuriteitsmonitering en ’n vlak van analitiese verslae van die student, asook ’n komplekse reeks assesseringsinstrumente,” sê prof Herman van der Merwe, die leier van die taakspan wat vir die implementering van die Cirrus-platform verantwoordelik is. Herman is die adjunkdekaan vir onderrig en leer in die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe.

 

Dosente gee die groen lig

 

Terugvoer vanaf die personeel is tot dusver baie positief. Die nuwe platform bied verskeie voordele aan dosente, byvoorbeeld om met die druk van ’n knoppie analitiese data oor toetse en vraelyste te kan kry.

 

“Hulle kan nou ook numeriese en IT-vrae inkorporeer, iets wat voorheen moeilik was om in ’n aanlyn toets of eksamen te doen,” sê Herman.

 

Die nuwe platform sal aangepas word om seker te maak dat dit goed met die universiteit se stelsels integreer. Dit is nog ’n stap vir die NWU om die toekoms te betree en om die beste beskikbare tegnologie te gebruik om meer geleenthede vir personeel en ’n beter leerervaring vir studente te skep.

 

Tegnologie vereenvoudig plasings vir praktiese werk

 

Die Cirrus-platform is nie die eerste tegnologiese innovering vir die NWU in die sfeer van onderrig en leer nie. Die universiteit maak ook goeie vordering met die Werkgeïntegreerde Diensleerstelsel-inisiatief (WISL), wat in 2019 begin is.

 

Hierdie geïntegreerde stelsel outomatiseer en bestuur die plasing van studente by diensverskaffers sodat hulle die werkservaring kan kry wat hulle nodig het om vir spesifieke kwalifikasies te kwalifiseer. Wat meer is, die stelsel plaas ook die mentors (dosente) wat die studente evalueer.

 

Binne ’n kort tydperk en met talle uitdagings om te hanteer, hou die ontwikkelingspan hul oë op die eindstreep, met die wete dat hierdie stelsel oor die lang duur ’n groot voordeel vir deelnemende fakulteite met werkgeïntegreerde en diensleermodules sal inhou. Meer inligting oor die vordering wat met die stelsel gemaak is, is in die tekskassie regs beskikbaar.

 

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

 

Maak goeie vordering

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Klik op elke blok hierbo om meer te lees in die tekskassie hieronder.

 

 

 

vorige

<

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U