REDAKSIONEEL

 

Redakteur

Nelia Engelbrecht

 

Redaksie

Belinda Bantham

Willie du Plessis

Bertie Jacobs

Maryke Laas

Phenyo Mokgothu

Christopher Motabogi

Tumelo Muteme

Marelize Santana

Kiewiet Scheppel

 

Ontwerp en uitleg

Karen Viljoen

 

Fotografie

Redaksie en diensverskaffers

 

Redaksie

Nelia Engelbrecht

Tel 018 299 4937 of nelia.engelbrecht@nwu.ac.za

 

Die NWU & U word deur die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement in Afrikaans en Engels uitgegee.

 

 

Alumniverhoudinge-praktisyns

 

Tshepisho Sebeela (Mahikeng) tshepisho.sebeela@nwu.ac.za

 

Abigail Leshope (Potchefstroom) abigail.leshope@nwu.ac.za

 

Zanele Ngobese (Vanderbijlpark) zanele.ngobese@nwu.ac.za

 

 

‘Hoop’ die woord wat ons bemagtig

Geagte alumni

 

Is daar nog enigiets wat ’n mens oor 2020 kan sê? Of is hierdie jaar en die ellendes wat dit gebring het al te veel uitmekaargetrek, ontleed en bespreek?

 

Laasgenoemde stelling is waarskynlik waar. Die meeste van ons is moeg om die onrusbarende woorde te hoor wat deel van ons daaglikse woordeskat geword het – woorde soos “koronavirus”, “Covid-19”, “grendeltyd”, en ons paaiende gunsteling, “die nuwe normaal”.

 

In ons gedagtes sal die primêre betekenis van sommige woorde nooit weer dieselfde wees nie. Die eerste beeld van die woord “masker” wat nou in ons gedagtes opkom, is nie ’n soort heuning-en-hawermout-mengsel wat ons op ons gesigte smeer nie. Dieselfde geld vir “sosiale distansiëring” – dit het ’n baie wyer betekenis gekry as die beskrywing van die verhouding tussen jou en jou skoonmense, jou “ekse”, of jou raserige bure.

 

Die ou gesegde dat die enigste ding waarvan ons seker kan wees, is dat dinge verander, het ’n nuwe gewildheid in 2020 verkry. Kyk maar net terug na hierdie tyd verlede jaar, en jy sal sien waarom. Nie eers ’n kristalbal kon voorspel wat hierdie jaar op ons gewag het nie.

 

2020 het egter nie net wanhoop en vertwyfeling gebring nie. Tussen al die uitdagings het mense geleenthede raakgesien; en tussen al die lyding was daar plek-plek aanpasbaarheid en hoop.

 

In haar boodskap aan julle, ons alumni, skryf die afdelingshoof van die Alumnikantoor, Nicolize van der Walt, dat mense steeds voortgaan om die wêreld ’n beter plek te maak – virus en al. Sy is reg. Mense soos alumnus Tumisang Ben Matshogo, wat na die see kyk om voedselsekerheid te vind, en die NWU se prof Hector Chikoore, wat die weer bestudeer om sin te maak van die veranderende weerpatrone, het voortgegaan om hul kennis tot voordeel van die samelewing aan te wend, ten spyte van alles wat rondom hulle plaasvind.

 

Ek het nie ’n kristalbal om te voorspel wat 2021 gaan bring nie. Party woorde kan dalk steeds deel van ons daaglikse woordeskat bly, of ons nou daarvan hou of nie. Die primêre betekenis van die woord “masker” kan steeds verwys na ’n lappie wat ons om ons gesigte bind, en die oortuiging dat al waarvan ons seker is, verandering is, kan steeds met ons wees.

 

Gelukkig is daar ’n ander woord waaraan ons kan vashou – “hoop” – en só kan ons 2021 binnegaan. Hoop is diep in die mens se gees ingegrif en sal voortgaan om ons te bemagtig om rampe te oorkom, en om ons oë op die horison gevestig te hou waar ons weet ’n nuwe dag sal aanbreek.

 

 

Lekker lees,

 

Nelia en die

NWU & U-span

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

NWU & U