ONTDEK DIE NWU

Dit is ons:

 

Of die lewe sonskyn of stormweer bring – of selfs 'n pandemie – die klas van 2020 het almal graadgekry. Al 14 325 van hulle.

 

As gevolg van die Covid-19-pandemie is slegs die eerste paar van die Maart-gradeplegtighede op ons kampusse gehou – die res was virtuele seremonies wat op 29 Mei, 23 Julie en 23 Oktober gehou is. ’n Verdere virtuele seremonie is vir 3 Desember geskeduleer.

 

Die virtuele seremonies is vooraf opgeneem sodat die gegradueerdes saam met hul geliefdes daarna kon kyk. Dit is so gedoen om aan ons graduandi die geleentheid te gee om iets te ervaar van daardie oomblikke op die verhoog wat hulle met hul familie en vriende sou deel.

 

Die grade en diplomas is in absentia toegeken, en die sertifikate van elke seremonie is so na as moontlik aan die datum van toekenning wat op die graduandi se amptelike studenterekords aangebring is, deur ’n koerier by hulle afgelewer.

 

Die klas van 2020 het graad gekry

Prof Linda du Plessis, adjunkhoof en adjunk-visekanselier vir beplanning en Vanderbijlpark-kampusbedrywighede, lewer ’n toespraak tydens ’n virtuele gradeplegtigheid.

Klik hier om na die virtuele seremonie te kyk

In hierdie video (kyk skakel hierbo) kan julle kyk na die virtuele diploma- en gradeplegtigheid wat op 23 Oktober 2020 vir gegradueerdes van Ekonomiese en Bestuurswetenskappe gehou is.

 

Klik hier om die webwerf te besoek waar julle nog video’s sal kry van die verskillende fakulteite se seremonies wat op verskillende datums gehou is.

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U