NUUS

Mompati Kgomanyane-Modimogale boer tans met ’n trop van 50 donkies.

Dit is donkiemelk van Mompati se plaas.

’n Onkonvensionele boerdery in onkonvensionele tye

“Regoor Suid-Afrika ondersteun donkies sommige van die mees gemarginaliseerde huishoudings en verskaf aan hulle ’n inkomste, maar donkies se maatskaplike en ekonomiese bydrae word in ontwikkelingsbeleide oor die hoof gesien,” sê alumnus Mompati Kgomanyane-Modimogale.

Mompati, wat ’n BA-graad in kommunikasiewetenskap aan die NWU behaal het, is die trotse eienaar van die Modi-donkieplaas.

 

Die plaas is op die platteland naby Mahikeng in die beskeie dorpie Maiyayane geleë. Mompati boer net soos sy oupa met hierdie diere en is ’n tweedegeslag-donkieboer vir wie elke dier waarde het.

 

Donkies is waardevol

 

“Donkies is noodsaaklik vir die ekonomie as voedsel, vir ontspanning, vir kameraadskap, of om iets te trek,” sê hy.

 

“Hulle verskaf vervoer, voedselsekerheid en ’n inkomste vir van die heel armste en mees gemarginaliseerde huishoudings, en tog is die bydrae wat donkies lewer grootliks onontgin en verwaarloos.”

 

Mompati boer tans met ’n trop van 50 donkies en hy sien sy toekomstige sukses in die hoë voedingswaarde van donkievleis en -melk.

 

Hoewel donkiemelk duur is en nie maklik as ’n drankie te kry is nie, word daar geglo dat dit kosmetiese voordele het. “Dit is maklik om vogrome, sepe en sjampoes te kry wat van donkiemelk gemaak is.”

 

Mompati werk nou saam met die NWU se vakgroep Dieregesondheid, wie se studente sy plaas besoek het om meer oor sy boerdery te leer, asook om die diere te ontwurm en hul algemene gesondheid te ondersoek.

 

Mompati, wat ’n toegewyde eggenoot en pa van twee is, beoog om ’n slaghuis vir donkievleis en ’n kosmetiekvervaardigingsaanleg te vestig.

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U