PROFIELE

Alumna Salome Kelly Mofokeng beplan om binne die volgende vyf jaar haar PhD in onderwysbestuur te voltooi. Sy is met Isaac Mofokeng getroud en hulle het twee dogters, Bohlale en Rehlalefile.

Voorberei om te lei …. in die video hierbo kan jy luister hoe Salome ons almal aanspoor om selfs harder te werk om sukses te behaal.

Onderwys is die sleutel tot sukses vir Salome

’n Alumna en multibekroonde PhD-student aan die NWU maak groot opgang op die gebied van basiese onderwys.

Salome Kelly Mofokeng, wat net 28 jaar oud is, is die jongste senior onderwysspesialis in Gauteng.

 

In hierdie rol hou sy toesig oor die implementering van assesseringsbeleide, -programme, -praktyke en -prosesse en funksionele assesseringsliggame.

 

Haar loopbaan skop af

 

Sy het in 2014 haar onderwysloopbaan aan die Lebohang Sekondêre Skool begin. In 2017, op die ouderdom van 25 jaar, het sy die jongste departementshoof in die Sedibeng-Wes-distrik geword nadat sy tot departementshoof van die handelsvakke by die skool bevorder is.

 

Salome het ’n lang lys prestasies op haar kerfstok. Die drie wat bo die ander uitstaan, is die silwertoekenning vir Uitnemendheid vir Sekondêreskoolonderrig, wat by die onlangse Nasionale Onderwystoekennings deur die Minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, toegeken is, die Beste Onderwyser in Rekeningkunde wat deur die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysunie in 2016 toegeken is, en die eerste plek vir Uitnemendheid in Sekondêreskoolonderrig van die Gautengse Departement van Onderwys in 2019.

 

Sy het in 2014 haar baccalaureusgraad in opvoedkunde verwerf, haar honneursgraad in onderwysbestuur in 2016, en haar meestersgraad in onderwysbestuur cum laude in 2019, alles op die Vanderbijlparkkampus.

 

’n Blink toekoms wag

 

Salome het groot planne vir die toekoms. Sy beplan om binne die volgende vyf jaar haar PhD in underwysbestuur te voltooi. Sy sien haarself as ’n professor by ’n universiteit of as die direkteur van assessering by die Gautengse Departement van Basiese Onderwys.

 

Salome se raad aan jong vroue is dat dit wat tussen hulle en hul doelwitte lê, uitdagings is wat bedoel is om hul karakter te toets, nie hul persoonlikhede nie.

 

“Hierdie uitdagings kan óf die volgende stadium van positiwiteit ontsluit en die deur in die gesig van negatiwiteit toemaak, óf die deur van negatiwiteit ontsluit en positiwiteit laat sterf. Dit hang geheel en al af hoe jy die storms in jou lewe interpreteer,” sluit sy af.

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U