REDAKSIONEEL

Prof Dan Kgwadi

Boodskap

van die visekanselier

Geagte alumni

 

Terwyl 2020 sy einde nader, is dit gepas om na te dink oor waar ons onsself bevind. Ons het die eerste semester suksesvol afgesluit en ons verwag om die tweede semester teen Februarie 2021 af te sluit.

 

Ons moes die akademiese jaar tot vroeg volgende jaar verleng as gevolg van die uitwerking wat Covid-19 op ons bedrywighede gehad het. Dit is nie op alle fakulteite van toepassing nie – van hulle sal die akademiese jaar in 2020 afsluit.

 

Ons is groot dank verskuldig aan die akademiese en ondersteuningspersoneel en ook ons studente en hul ouers vir die gesamentlike poging om onder die moeilikste omstandighede deur te druk en te slaag. ’n Spesiale woord van dank ook aan julle, ons alumni, vir jul deurlopende ondersteuning van die NWU.

 

Ons uitslae in die eerste semester op die gebied van onderrig en leer was uitstekend, en dit toon ons kapasiteit om vinnig aan te pas by die eise wat die veranderde omstandighede meegebring het. Dit is egter nie ’n verrassing nie, aangesien die NWU ten volle gereed is om positief op veranderende omstandighede te reageer.

 

Ons, net soos ander tersiêre-onderwysinstellings in die land en regoor die wêreld, doen ons deel om te verseker dat ons die effek van die pandemie in bedwang kan hou en kan beperk. Van terapie en diagnostiek tot inentings en die produksie van persoonlike beskermende toerusting – ons is ten volle daartoe verbind om die virus aan bande te lê.

 

My dank en beste wense aan almal van julle tydens die feesseisoen.

 

Bly asseblief veilig.

 

 

Vriendelike groete

 

 

 

Prof Dan Kgwadi

Visekanselier

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U