PROFIELE

Roedolf Bothma sê hy glo sy Christelike geloof en die goeie waardes wat sy ouers hom geleer het sal hom in staat stel om groter hoogtes te bereik. “My droom is om eendag talle besighede te besit.”

Roedolf Bothma saam met Hannes Roodt tydens ’n spanbou-oefening.

 

Die hoogte- en laagtepunte van entrepreneur-wees

 

Roedolf wou aanvanklik nie ’n entrepreneur wees nie. “Ek wou medies studeer, maar die lewe het vir my die pad na entrepreneurskap aangewys.

 

“Ek het aanvanklik besigheidsrekeningkunde studeer, maar het in my tweede jaar aan die NWU na entrepreneurskap en besigheidsbestuur verander.”

 

Om ’n entrepreneur te word, was nie maklik nie, sê hy.

“Ek wou my studies eerste stel, maar terselfdertyd verseker dat die onderneming vlot verloop. Die enigste manier wat ek dit kon doen, was om hulp te kry.

 

“Ek het ’n betroubare bestuurder en troeteldierversorger gekry om met die sakebedrywighede aan te gaan wanneer ek in die klas was of eksamen geskryf het.”

 

Roedolf moes ’n lening by die bank uitneem om sy franchise te finansier. “Ek het gedurende die eerste jaar elke sent van die wins in die lening gestort, en ek kan met trots sê dat dit ten volle afbetaal was toe ek my studies voltooi het,” sê hy.

 

Hy sê een van die wonderlikste dinge van ’n franchise-eienaar is die kameraderie tussen die verskillende eienaars van die takke.

 

“Ons is ’n baie hegte familie en ons ondersteun mekaar. Ons doen ook baie spanaktiwiteite saam. Ons het onlangs as deel van ’n spanbou-oefening gaan valskermspring – dit was ongelooflik.”

 

Daar’s geld in troeteldierbederf, sê dié entrepreneur

’n Jong alumnus van die NWU kombineer sy liefde vir troeteldiere en sy vaardighede as ’n entrepreneur op ’n unieke manier.

 

As ’n franchise-eienaar van Ultimate Pet Care, ’n sakeonderneming wat ’n hondesalon na die huise van troeteldiereienaars neem, gee Roedolf Bothma aan die frase, “’n hondelewe” ’n hele nuwe betekenis – een van genot en vertroeteling.

Roedolf (23) het tydens sy studentejare – van 2016 tot 2018 – op Potchefstroom verlief geword.

 

“Ek was vasbeslote om hier te bly nadat ek my studies in entrepreneurskap en besigheidsbestuur voltooi het. Ek het egter besef dat Potchefstroom beperkte werksgeleenthede het, en as ek dit my permanente tuiste wil maak, ek ’n geleentheid sou moes skep om hier ’n bestaan te maak.”

 

Klein begin is groot gewin

 

Hannes Roodt, een van sy vriende uit sy tuisdorp, Kempton Park, het in 2012 ’n sakeonderneming, Ultimate Pet Care, begin.

 

Dit behels dat jy met ’n ten volle toegeruste mobiele hondesalon na die eienaars se huise toe ry, waar die troeteldiere deur ’n opgeleide versorger versorg, gebad en getroetel word. Eienaars hoef dus nie meer te sukkel om die honde in die motor te kry en na ’n hondesalon toe te ry nie. Alles word in die gerief en veiligheid van hul eie werf gedoen.

 

Roedolf het besef dat die model groot potensiaal vir die Potchefstroom-area het en het besluit om dit plaaslik as besigheid te vestig.

 

Hannes het vroeër franchise-lisensies vir die onderneming uitgereik, en met sy hulp het Roedolf, toe ’n derdejaarstudent, in 2018 een van sy eerste franchise-eienaars geword.

 

Maak goeie vordering

 

Roedolf se entoesiasme vir en betrokkenheid by die besigheid het spoedig daartoe gelei dat hy een van Ultimate Pet Care se direkteure geword het en dat hy beheer van die gehaltebeheerafdeling van die onderneming oorgeneem het.

 

Hy besit nou takke in Klerksdorp en Potchefstroom en deel ’n tak met sy suster, Li-Marie, in Fourways, Johannesburg.

 

“Dit was maar net die begin, aangesien die franchise binne ’n jaar uitgebrei het tot meer as 20 takke, wat sedert die begin ’n totaal van 79 886 honde gereeld ’n honde-vernuwing gee.  Dit het met ’n vaart weggespring, en sluit nou ’n magdom bekende troeteldiereienaars in wat wissel van akteurs, sangers en televisiepersoonlikhede tot sporthelde.”

 

Roedolf sê daar is takke van Ultimate Pet Care op verskeie plekke in Pretoria-Oos, en hulle gaan binnekort ook verder in die Wes-Kaap uitbrei, waar hulle reeds ’n tak in die Paarl het. Hulle het selfs navrae gehad van mense in Nieu-Seeland wat daar takke wil begin.

 

“Dis eenvoudig, doen dit net!”

 

Sy raad aan jong entrepreneurs is, doen dit net.

 

“’n Franchise is die perfekte wegspringplek vir jong entrepreneurs. Dit het ’n bloudruk wat dit vir enige persoon moontlik maak om sukses te behaal.”

 

Hannes stem saam met Roedolf se siening oor die franchise. “Ek glo vas dat enigeen dit kan laat werk as hulle toegewyd is en bereid is om hard te werk. Dit het alles begin met die was van een hond, en nou het ons die bloudruk wat vir 18 franchises werk.

 

“Ek glo daar is geleenthede vir jong entrepreneurs om hul besighede in die land en selfs internasionaal op te bou. Om die energie van jong entrepreneurs soos Roedolf te sien, is inspirerend, en dit is wonderlik om die ondersteuning te bied wat hy en ons ander franchise-eienaars nodig het.”

 

Die sleutel is om die regte geleentheid te identifiseer, voeg Roedolf by. “Ek glo dit was my liefde vir troeteldiere wat my gehelp het om die potensiaal van die besigheid in te sien. Ek is bly dat ek iets gekies het wat my toelaat om met hulle te werk, en dit vir my ook te laat werk,” sê hy.

 

Te oordeel aan die goedversorgde en gelukkige gesiggies van die opgetofde troeteldiere, lyk dit of hulle ook bly is oor Roedolf se besluit.

 

Vir meer inligting oor Ultimate Pet Care, besoek hulle webwerf.

In die video hierbo vertel entrepreneur Roedolf Bothma vir ons meer oor sy sakeonderneming wat ’n hondesalon na die huise van troeteldiereienaars neem.

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

 

 

“Ek het eenkeer gehoor dat iemand sê ’n suksesvolle entrepreneur is iemand wat van ’n berg afspring en op pad ondertoe ’n vliegtuig bou.

 

“Jy moet die hele tyd buite die boks dink en probleme suksesvol kan oplos wanneer hulle ontstaan. Jy moet ook gedissiplineerd wees en slim met jou finansies werk om sukses te behaal.”

 

- Roedolf Bothma

 

 

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U