nUUs

 

Ons maskot, Eagi, verteenwoordig die handelsmerk-eienskappe van ʼn verenigde NWU.

 

 Die arend het in talle kulture ’n positiewe betekenis. Dit verteenwoordig positiewe eienskappe wat perfek by die NWU se strategie en doelwitte pas. Dit sluit in sukses, ambisie, dapperheid, uitbreiding, nuwe lewe, leierskap en vryheid.

 

 Eagi simboliseer ons toewyding om die lewe met kreatiwiteit aan te pak en bo die res uit te styg.

 

 Hy verteenwoordig ook ons strewe om geleenthede te vind om uit te blink en voortdurend te verbeter.

 

Eagi vertel wat gebeur

Eagi, ons NWU-maskot, help julle om tred te hou met alles wat by die NWU gebeur. So, laat ons sonder meer na die nuuskamer toe gaan waar Eagi vir julle ’n oorsig sal gee.

Ons vertrou dat julle die volgende stories interessant sal vind. (Klik op die opskrif van elke artikel om meer te lees.)


35-jarige doktor in rekeningkunde verskuif grense

Vir die afgelope twee jaar het prof Cameron Modisane, ’n NWU-alumnus, grense verskuif. Nadat hy sy PhD in 2019 van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe verwerf het, het hy die eerste swart Suid-Afrikaner jonger as 35 jaar geword met ’n doktorsgraad in rekeningkunde.

 

Sedertdien het hy die korporatiewe leer bestyg en sy loopbaan stewig gevestig.

 


NWU-navorsingsgroep lewer ’n bydrae tot internasionale voëlstudie

Die NWU se navorsing oor die genetiese data van dwergpapegaaie, oftewel lovebirds (genus Agapornis), is by ’n omvattende internasionale voëlstudie ingesluit. Nege dwergpapegaaispesies kom inheems in Afrika en Madagaskar voor.

 

Hierdie navorsing het ook gelei tot ’n patent en die moontlike kommersialisering van ’n genoomtoets wat die NWU ontwikkel het en wat van groot waarde vir papegaaitelers en bewaringskundiges sal wees.

 

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL


Lang en moeilike pad om die Suid-Afrikaanse Lugdiens reg te ruk

Die NWU se Ofentse Mokwena, ʼn vervoerekonoom, bespreek die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se finansiële- en bedryfstreurmare.

 

Hy maak ook voorstelle vir oplossings, byvoorbeeld  dat strategiese vennootskappe oorweeg moet word. Dit kan gedoen word deur óf hoogs bekwame uitvoerende spanne in diens te neem, óf deur prestasiegebaseerde bestuurskontrakte te soek met ’n konsortium of strategiese ekwiteitsvennote wat steeds die batebasis beskerm.

 


Pas verkose VSA-president Joe Biden – moontlike ekonomiese implikasies vir SA en die wêreld

“Die verkiesing van Joe Biden as die Verenigde State se president kan uiteindelik ’n geleentheid vir Suid-Afrika skep om sy ekonomiese verhouding met die VSA vanuit ’n handels- asook ’n beleggingsoogpunt te versterk.”

 

So sê prof Raymond Parsons, ekonoom aan die NWU Besigheidskool.

 


NWU help met biblioteekdiense vir blindes in die Noordwes-provinsie

Die NWU het met die Noordwes-provinsie se Departement van Kuns, Kultuur, Sport en Ontspanning en die Suid-Afrikaanse Biblioteek vir Blindes saamgespan om toegang vir blindes en gesiggestremde persone in die provinsie te verbeter.

 

Die projek, wat deur Sasol se Sosiale en Gemeenskapstrust geborg word, is op 5 November 2020 tydens ’n mediageleentheid by die Mmabatho Biblioteek geloods.

 

Hierdie projek ondersteun en verbeter die bestaande dienste wat vir gesiggestremdes beskikbaar is, en sal 24 gevestigde mini-gemeenskapsbiblioteke vir blindes in Noordwes se munisipaliteite tot voordeel wees.

 

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

NWU & U