PROFIELE

Tumisang by die gradeplegtigheid waar hy sy meestersgraad in dierewetenskap ontvang het.

Benewens beesboerdery, het Tumisang ook met ’n hoenderboerdery begin. Die onderwerp van sy PhD-studie is “Improving the feed value of seaweed for broiler chickens using feed enzymes”.

 

Seegras vanaf Gansbaai

 

Die seegras wat Tumisang vir sy navorsing gebruik, is by die Aqunion-perlemoenplaas in Gansbaai in die Wes-Kaap versamel.

 

Die seegras is uit ’n dam geoes en oornag in ’n oesternet gelos om te dreineer. Ná dagbreek die volgende dag is die seegras by die Mariene Navorsingsakwarium van die Departement van Omgewing, Bosbou en Visserye in die son drooggemaak.

 

Alumnus en boer soek die see op vir voedselsekerheid

Armoedeverligting en voedselsekerheid lê net so veel in die see as in die grond. Só sê alumnus Tumisang Ben Matshogo, wat ’n finalejaar-PhD-student en boer is.

Alumnus Tumisang Ben Matshogo, ’n finalejaar-PhD-student, het in 2017 met net vier beeste begin boer en het nou al 34.

Hy fokus op beeste en hoenders … en seegras

 

Tumisang, van Driefontein in Noordwes, het in 2017 op ongeveer 870 hektaar gemeenskapsgrond in dié dorp begin boer.

 

Hy het met net vier beeste begin en het nou 34, en hy sien daarna uit om in die nabye toekoms nog meer te besit. Hy het ook met ’n hoenderboerdery begin.

 

Tumisang, wat sy PhD deur die vakgroep Dierewetenskap in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe doen, sê sy liefde vir boerdery is by hom vasgelê deur sy oorlede oupa, wat ook passievol oor landbou was.

 

“Ek het in 2017 begin boer omdat landbou ’n groot bydrae tot die ekonomie en voedselsekerheid lewer. Ek het besef dat talle mense as gevolg van boerdery oorleef,” sê Tumisang.

 

Pluk die vrugte van sy studies

 

Voordat hy sy hand aan boerdery gewaag het, het Tumisang in 2012 ’n diploma in dierewetenskap, in 2015 ’n BSc, en in 2017 ’n MSc voltooi – alles op die Mahikengkampus.

 

Die onderwerp van sy PhD-studie is die verbetering van die voedingswaarde van seegras vir braaikuikens deur middel van voedselensieme (“Improving the feed value of seaweed for broiler chickens using feed enzymes”). Hy sê sy navorsing sal vir hom en ander hoenderboere en vir voedselsekerheid in die algemeen van groot waarde wees.

 

Tumisang, wat vas glo om teorie in praktyk te omskep, het drie referate saam met sy studieleiers, dr Caven Mnisi en prof Victor Mlambo, gepubliseer.

 

“Ons gebruik seegras as bron van voedingstowwe en voordelige bioaktiewe verbindings vir pluimveevoedsel,” verduidelik Tumisang.

 

Hulle het onder andere die effek van gegradeerde vlakke van seegrasmeel op die groeiprestasie van Cobb 500-braaikuikens ondersoek. “Ons eksperiment het die hipotese ondersoek dat die insluiting van seegrasmeel by die dieet van braaikuikens die voedselinname, fisiologiese reaksies en die gehalte van die vleis en stabiliteitsparameters sal verbeter.”

 

Hy sê sy studies het vir hom waardevolle ervaring op die gebied van boerdery en boerderybestuur gegee.

 

“Die gehaltekennis en die praktiese ervaring wat ek by die universiteit opgedoen het, kan nie gemeet word nie. Dit het my voorberei om ’n goed afgeronde boer te wees en my passie as ’n goed afgeronde dierewetenskaplike uit te leef,” sê hy.

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

 

Lewenslesse

 

Tumisang sê sy sukses is die gevolg van sy deursettingsvermoë.

 

“As jy daaraan dink om iets in jou lewe te begin, moet jy betyds begin, ongeag wat jou situasie is, en selfs as jy aanvanklik misluk, moet jy nooit opgee nie,” is sy raad.

 

Om positief en aggressief tot die ekonomie van die land by te dra, het Tumisang groot planne wat nie tot die akademie beperk is nie: “My volgende stap is om kommersiële boerdery aan te pak,” sê hy.

 

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U