PROFIEL


Meer oor Dudu

 

  • Dudu sê haar dogter, Robyn, motiveer haar om aan te hou om vir verandering in die toekoms te pleit.
  • Sy beskryf moederskap en uitvoerende bestuur as “’n interessante uitdaging” en sê balans is altyd die sleutel tot sukses.

  • Sy wil hê haar nalatenskap moet dié van bemagtiging en verandering wees – veral wat betref die manier waarop mense toegang tot inligting kry.
Meer oor Project Isizwe

Project Isizwe staan aan die hoof van die Stad Tshwane se gratis Wi-Fi-diens – TshWi-Fi. Daar word gemeen dat dit die grootste verspreiding van gratis munisipale Wi-Fi in Afrika is, met meer as 700 Wi-Fi-sones wat regoor die stad se openbare ruimtes versprei is.

Dudu oorbrug die digitale gaping

Ontmoet NWU-alumna Dudu Mkhwanazi, die pasaangestelde hoof- uitvoerende beampte van Project Isizwe, en selfverklaarde internettoegang-aktivis.

Haar aanstelling in Augustus 2017 by Project Isizwe – ’n innoverende organisasie sonder winsoogmerk wat gratis Wi-Fi aan mense verskaf – het nuwe moontlikhede vir jong sakevroue geskep en ’n geslag jong meisies geïnspireer gedurende ’n maand wat aan die bemagtiging van vroue gewy is.

 

Dudu (26) het van 2009 tot 2012 aan die NWU se kampus in Vanderbijlpark studeer en ’n BA en BAHons in politieke wetenskap behaal. Sy het baie aktief aan die studentelewe deelgeneem en van 2012 tot 2013 as grondwet-en-verenigingsbeampte op die Kampus Verteenwoordigende Studenteraad gedien.

As sterk akademikus was sy ook ’n tutor by die vakgroepe vir politieke wetenskap en omgewingsgeskiedenis.Dit was in hierdie tyd dat sy haar eerste betaalde werk gehad het – as ’n navorsingsondersteunings-assistent by die voormalige Skool vir Gedragswetenskappe. “Ek het gedink alles was in plek,” onthou Dudu. Sy voeg by dat sy reeds in graad 8 daarvan gedroom het om te studeer en ’n politieke wetenskaplike te word.

Dudu, wat as die oudste van vyf kinders grootgeword het, sê sy moes baie hard werk vir beurse en geleenthede om haar voorgraadse en nagraadse studies te kon aanpak.

 

Nadat sy haar BA- en honneursstudies by die NWU voltooi het, het sy ’n meestersgraad in openbarebeleidsontleding aan die Université Montpellier in die suidooste van Frankryk voltooi. Dudu het in 2014 na Suid-Afrika teruggekeer en besef dat sy graag ’n verskil in die lewens van gewone burgers wou maak.

 

Sy het as die bedryfsbestuurder vir die Demokratiese Alliansie gedien en as ’n strategiese politieke raadgewer vir die lid van die burgemeesterskomitee van Groep Korporatiewe en Gedeelde Dienste by die Johannesburgse Metroraad. Sy het egter gevoel sy kon nie genoeg doen om die mans en vroue op voetsoolvlak te bereik nie. Met haar ervaring in die politieke omgewing het Dudu ’n geloofsprong gewaag en by Project Isizwe aangesluit om “werklik by mede-Suid-Afrikaners betrokke te raak en hulle te dien”.

Beywer haar vir gratis Wi-Fi

Dudu – wat haarself as ’n aktivis vir gratis Wi-Fi beskryf – sê sy wil graag die internet as werktuig van bemagtiging toeganklik maak vir mense in lae sosio-ekonomiese omstandighede. 

Sy sien haar posisie by Project Isizwe as ’n geleentheid om haar verder te beywer vir regeringsgesubsidieerde internettoegang binne stapafstand van elke Suid-Afrikaner.

“Ek glo daaraan om deel van ’n organisasie te wees wat nie net mense se lewens wil verander nie, maar wat ook die geskiedenisboeke herskryf wat bemagtiging betref,” sê Dudu. Sy voeg by dat die projek hoop om oor die volgende vyf jaar meer as 20 miljoen Suid-Afrikaners aan die internet te verbind.

die NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

KLIK

DEEL

<

>

Navigasie

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

mEER INLIGTING

Dudu het ’n meestersgraad in openbarebeleidsontleding aan die Université Montpellier in Frankryk voltooi. Hier is sy tydens haar studietydperk in die buiteland.

 

TshWi-Fi Tv het vanjaar Vrouedag gevier deur Duduzile Mkhwanazi as sy hoof- uitvoerende beampte en stem van Project Isizwe bekend te stel. Klik hier om na die video te kyk.

NWU & U  |

NWU & U  |

Meer oor Project Isizwe

Project Isizwe staan aan die hoof van die Stad Tshwane se gratis Wi-Fi-diens – TshWi-Fi. Daar word gemeen dat dit die grootste verspreiding van gratis munisipale Wi-Fi in Afrika is, met meer as 700 Wi-Fi-sones wat regoor die stad se openbare ruimtes versprei is.

X

Front page

 

On the front page photograph, Stephen Bogatsu (as Tyrone Jackson) dances with Lyrinda Venter (in the role of ballet dancer Iris Kelly).

NWU & U