Nuus

Jacques Hugo, een van die drie stigters van die Let’s Grow Together-projek, is ook onlangs as die voorsitter van die Potchefstroom Studente-kampusraad verkies.

 

Projek dra vrugte

 

Die Let’s Grow Together-projek het reeds twee toekennings by die NWU gewen.

 

Die eerste een was die NWU Leopards Lair-kompetisie, waar studente hulle sake-idees of uitvindings kon inskryf.

 

Saam met die ander finaliste in hierdie kompetisie het hulle ook hul idees by die jaarlikse SETHI Explosions-geleentheid van die Fakulteit Ingenieurs-wese uitgestal.

 

Nog ’n groter toekenning is die een wat hulle by die NWU se jaarlikse navorsings-toekenningsgeleentheid gewen het, waar hulle projek aangekondig is as die “Belowendste studente-idee en nuwe studentebesigheid” in die kategorie vir innovering en navorsing.

 

Let’s Grow Together het ook nou die geleentheid om deur die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding se entrepreneursprogram nasionale blootstelling te kry.

 

Vir meer inligting oor die projek, kontak Kumbewe Liwewe by 074 342 1963.

 

Let’s Grow Together saai ‘saad’ om mense te laat groei

Die meeste van ons ken die konsepte van “terugploeg” en “iets aangee”. Nou, danksy drie innoverende NWU-studente, is daar ook “kom ons groei saam”.

Let's Grow Together is die breinkind van Kumbewe Liwewe, Gabriel Strydom en Jacques Hugo, wat saam op die kampus in Potchefstroom studeer.

 

Hoewel almal uit gegoede huise kom, het hulle nie agteroorgesit nie, maar besluit om ander te help, veral studente wat swaarkry.

 

“Een van die studente met wie ons werk het sy eerste jaar op universiteit begin sonder ʼn  blyplek of handboeke, met net R600 per maand wat hy van sy twee oumas ontvang het,” sê Gabriel. “Dis hartseer om te dink dat hy sedert hy sewe jaar oud was gedink het dis normaal om net een keer per dag te eet.”

 

Saai saad vir toekomstige groei

 

Dit is van die kleurvolle, voedsame groente wat die NWU-personeel kan koop.Aangesien hulle iets wou doen wat volhoubaar is en wat sal voortgaan selfs nadat hulle hul studies voltooi het, het die studente begin om vars groente aan die NWU-personeel te verkoop.

Hulle het ’n produsent op die kampus gekies en sodoende hul koste beperk.

 

Hul produsent, SUNfarming, is deel van die Fakulteit Ingenieurswese se Voedsel en Energie-opleidingsentrum, waar sonkrag gebruik word om groente in unieke kweekhuise te kweek.

 

Kumbewe sê hy het reeds ’n goeie verhouding met SUNfarming op die kampus opgebou en ken ook baie dosente, dus het hulle die twee byeengebring.

 

Die idee was nooit om ’n banklening te kry om ’n onderneming te begin nie.Ek het R200-noot in my sak gehad en dit is waarmee ons begin het. Ons het die groente by SUNfarming gekoop en eers plastieksakkies vir aflewering gebruik,” sê Kumbewe.

 

Dek ’n groter terrein

 

Gabriel sê hulle soek ander produsente in die gemeenskap, byvoorbeeld inwoners of kleinprodusente in Ikageng in Potchefstroom. Op hierdie manier kan hulle ook plaaslike ondernemings ondersteun.

 

Hy sê hy hoop hierdie projek sal ook na ander universiteite uitbrei, want “hoe meer jy doen, hoe meer kry mens gedoen en wat is nou lekkerder as om ander te help?

 

“Ons wil letterlik die saad saai en dit toelaat om te groei sodat ander die voordele daarvan kan pluk.”

die NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

KLIK

DEEL

<

>

Navigasie

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

mEER INLIGTING

Kumbewe Liwewe en Gabriel Strydom tussen die pragtige, lowerryke groente wat in die unieke SUNfarming-kweekhuise gekweek word.

next

>

previous

<

NWU & U  |

NWU & U  |

X

Front page

 

On the front page photograph, Stephen Bogatsu (as Tyrone Jackson) dances with Lyrinda Venter (in the role of ballet dancer Iris Kelly).

NWU & U