Nuus

Die NWU en sy Loopbaansentrum het ’n eerste plek by die 2017 Universum Global Surveys-toekennings gewen. Die NWU het die eerste plek behaal in die kategorie vir studentetevredenheid (Student Satisfaction Award), en die Loopbaansentrum het eerste gekom in die kategorie vir beste loopbaandiens (Best Career Services Award).

 

 

Voltooi Loopbaansentrum se opname en wen dalk R5 000

Die NWU se Loopbaansentrum doen elke jaar ’n opname om ’n beter begrip te kry van die loopbaanbehoeftes van die NWU se gegradueerdes en die persepsies en houdings van alumni teenoor die NWU as geheel, en die alumnidienste wat verskaf word.

Die Loopbaansentrum doen hierdie opname saam met Universum, ’n wêreldwye werkgewer-handelsmerkmaatskappy wat saam met meer as 2 000 universiteite, alumnigroepe en professionele organisasies werk.

 

Deur sy opnames samel Universum inligting van studente en professionele persone in om aan werkgewers raad te gee oor hoe om talent wat by hul kultuur en doelwitte inpas, te lok en te behou.

 

“Jou deelname is belangrik,” sê Thoriso Maseng, wat op 2 Augustus 2017 as bestuurder by die Loopbaansentrum aangesluit het.

 

“Ons sal die resultate gebruik om ons dienste aan julle te verbeter, terwyl werkgewers dit sal gebruik om die verwagtinge van hulle en potensiële werknemers te verstaan. Daarby sal ons ’n verslag ontvang oor hoe ons huidige studente kan help met beter loopbaankeuses en hoe ons ons ondersteuning aan alumni kan verbeter.” 

Deur aan hierdie opname deel te neem, staan jy ’n kans om een van vyf deelnemers te wees wat elkeen R5 000 in ons gelukkige trekking sal wen.

 

Al wat jy moet doen is om hier te klik en ongeveer 15 tot 25 minute te bestee om die opname in te vul. Jou antwoorde is heeltemal vertroulik en anoniem; resultate word slegs op ’n gesamentlike vlak gebruik. Die sluitingsdatum vir die opname is Maart 2018.

 

As jy enige vrae of kommentaar oor die opname het, kontak asseblief die navorsingspan by SAresearch@universumglobal.com.

die NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

KLIK

DEEL

<

>

Navigasie

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

mEER INLIGTING

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

X

Front page

 

On the front page photograph, Stephen Bogatsu (as Tyrone Jackson) dances with Lyrinda Venter (in the role of ballet dancer Iris Kelly).

NWU & U