NUUs

Gereelde netwerking met die media en om goeie verhoudinge met joernaliste te handhaaf, is baie belangrik vir die NWU. Dit lei tot mediablootstelling wat bydra tot die uitbou van die NWU-handelsmerk en die versterking van die universiteit se reputasie.

 

Die maatskappy MarketIQ se mediamonitering wys dat daar in 2016 altesaam 12 321 keer na die NWU in die media verwys is. Hierdie artikels het ’n totale advertensie-ekwivalent van meer as R312 miljoen. Van die 12 321 items wat ontleed is, het 4 948 in die gedrukte media verskyn, 1 216 in die uitsaaimedia en 5 788 in die aanlyn media.

Netwerking met media
is die moeite werd

Daar is mense wat sê “jou netwerk is jou netto waarde”.

 

Die waarde van netwerke het na vore gekom by twee netwerksessies wat die NWU onlangs gehou het om sy verhouding met joernaliste van verskeie mediahuise verder te versterk.

Clement Manoko, uitvoerende direkteur vir korporatiewe verhoudinge en bemarking, en prof Albert Helberg van die Fakulteit Ingenieurswese op die kampus in Potchefstroom was twee van die sprekers by die netwerkgeleentheid vir die media wat die NWU en die Nasionale Persklub aangebied het.

die NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

KLIK

DEEL

<

>

Navigasie

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

mEER INLIGTING

Die eerste geleentheid was op 25 Oktober in Pretoria, waar die NWU saam met die Nasionale Persklub ʼn byeenkoms vir joernaliste van die gedrukte, digitale en uitsaaimedia aangebied het.

 

Sprekers wat die NWU by die geleentheid verteenwoordig het, was Clement Manoko, uitvoerende direkteur vir korporatiewe verhoudinge en bemarking, prof Albert Helberg van die Fakulteit Ingenieurswese op die kampus in Potchefstroom, en prof Herman van der Merwe, Adjunkdekaan: Onderrig en Leer van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe.

 

Clement het die media oor die nuwe struktuur van die universiteit en die universiteitsgeld vir 2018 ingelig, en gepraat oor die fenomenale mense wat die instelling al opgelewer het. Herman het die joernaliste ingelig oor hoe die universiteit entrepreneurs bemagtig, en Albert het die joernaliste bedank dat hulle die sonkragmotor-inisiatief soveel blootstelling gegee het.

 

NWU se visekanselier bedank joernaliste

 

Prof Dan Kgwadi, die NWU se visekanselier, het op 3 November lede van die media by ’n plaaslike netwerksessie op die kampus in Potchefstroom toegespreek.

 

Prof Dan het begin deur die joernaliste te bedank vir die verhouding wat hulle met die universiteit opgebou het. Hy het in besonderhede verduidelik hoe die NWU sedertdien met die nuwe struktuur van ’n federale na ’n unitêre model beweeg het.

 

Hy het ook kortliks verwys na die getal studente wat reeds geregistreer het om in 2018 aan die NWU te studeer, en het oor die universiteitsgelde en die NWU se nuwe handelsmerkidentiteit gepraat.

 

Oor die netwerkgeleenthede sê Clement: “Die NWU waardeer al die blootstelling en voortgesette ondersteuning van die lede van die media. Ons sien uit na ’n wonderlike samewerkingsverhouding in 2018.”

Prof Dan Kgwadi, die NWU se visekanselier, is hier saam met Susan Cilliers van Beeld, Hennie Stander van die Potchefstroom Herald en Lizette Labuschagne van die SAUK by die onlangse plaaslike netwerksessie vir die media.

 

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

X

Front page

 

On the front page photograph, Stephen Bogatsu (as Tyrone Jackson) dances with Lyrinda Venter (in the role of ballet dancer Iris Kelly).

NWU & U