Nuus

die NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

KLIK

DEEL

<

>

Navigasie

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

mEER INLIGTING

Alumni-groepe wat bedrae van meer as R20 000 per jaar wil skenk aan studente wat in ’n spesifieke demografie inpas, kan dit nou doen. Voorbeelde sluit in vrouestudente, studente wat vir spesifieke grade ingeskryf is, of studente wat in die alumni se voormalige koshuis woon.

 

Borgskappe het al ’n beduidende bydrae gelewer tot die toekoms van talle NWU-studente en hulle in staat gestel om hul studies te voltooi. In sommige gevalle waar studente uitstaande gelde gehad het, het hulle hul graadsertifikate ontvang nadat daardie geld deur borgskappe betaal is.

 

Riglyne vir borgskappe

 

As jy graag ’n bydrae wil maak, kan jy die volgende in gedagte hou:

 

  • Deposito’s moet direk of aanlyn in die NWU-fondsinsamelingsrekening, ABSA 40-8718-2718 Noordwes-Universiteit, gemaak word.
  • Dit is belangrik om depositostrokies per e-pos aan mari.berner@nwu.ac.za te stuur, en om ’n e-pos aan Mari te stuur as jy ’n spesifieke aanwendingsvereiste of -versoek het. Die NWU sal dit korrek aanwend en jou terugbetaal as ons nie aan jou wense kan voldoen nie.
  • Onthou om die verwysing te gebruik wat deur jou of jou konsortium gekies is en om hierdie verwysing in jou e-pos te spesifiseer.
  • Artikel 18A-belastingsertifikate sal slegs vir donasies van meer as R200 uitgereik word en op skriftelike versoek wat aan mari.berner@nwu.a.za gerig is.
  • ’n “Gekonsolideerde”-belastingsertifikaat vir die vorige belastingjaar vir veelvuldige donasies van enkel-borge wat ’n totaal van R200 oorskry, sal in Mei elke jaar uitgereik word.
  • ’n Ondersteuningsbrief van BSEB-graderings (BBBEE ratings) sal uitgereik word vir sakeondernemings wie se donasies ter ondersteuning van swart studente R5 000 oorskry. Dit sal ook slegs gedoen word as ’n versoek per e-pos aan mari.berner@nwu.ac.za gestuur word.

 

Vorige navrae deur sakeondernemings oor spesifieke begunstigdegroepe kan gerig word aan Ronel Vorster (ronel.vorster@nwu.ac.za of 018 299 2046) vir voorgraadse begunstigdes of aan Susan van der Westhuizen (susan.vanderwesthuizen@nwu.ac.za of 018 299 2051) vir nagraadse begunstigdes.

 

Die NWU waardeer die ondersteuning van ons alumni en verseker julle dat elke rand ’n begunstigde sal vind.

Borg ’n student en belê in die toekoms

Al hoe meer van ons alumni doen navraag oor geleenthede om behoeftige en verdienstelike studente aan die NWU te borg.

 

Talle van hulle het hulself al in konsortiums gegroepeer om koshuise, kampusse of studiegroepe te befonds. Die NWU moedig hierdie inisiatiewe aan en het praktiese reëlings getref om die borgskapproses makliker te maak.

 

Amerikaanse borge

 

Alumni en vriende wat in die VSA woon, kan nou ’n donasie aan die NWU maak deur ’n nuwe affiliasie met die King Baudouin Foundation in New York, wat hulle in staat stel om die vereiste VSA-belastingaftrekkingsertifikate te ontvang.  Vir meer inligting kontak asseblief vir Mari Berner by mari.berner@nwu.ac.za, of Hannes Malan by hannes.malan@nwu.ac.za.  Moedig asseblief jou vriende en familie in die VSA aan om ons universiteit te ondersteun.

 

 

Daar is talle aangrypende voorbeelde van studente wat presteer het en danksy die vrygewigheid van borge hul drome waar gemaak het.

 

Ons bankbesonderhede is:

ABSA

NWU Fundraising

Rekening 40-8718-2718

Verwysing: Jou konsortium se naam of jou eie

 

NWU & U  |

NWU & U  |

X

Front page

 

On the front page photograph, Stephen Bogatsu (as Tyrone Jackson) dances with Lyrinda Venter (in the role of ballet dancer Iris Kelly).

NWU & U