REDAKSIONEEL

Skryf gerus en vertel ons waar in die wêreld julle jul bevind en hoe dit met jul loopbane gaan, of skryf sommer oor ditjies en datjies wat julle na aan die hart lê.

 

Stuur julle briewe na nelia.engelbrecht@nwu.ac.za, faks dit na 086 614 3222 of pos dit aan Nelia Engelbrecht, Institusionele Kantoor, Noordwes-Universiteit, Privaat Sak X1290, Potchefstroom, 2520.

 

ONS HOOR GRAAG VAN JULLE!

Piet van Maarleveld (89) is op Donderdag 19 Oktober oorlede. Hy was lank ’n bekende fotograaf in Potchefstroom en tot onlangs koster van die Gereformeerde Kerk Potchefstroom Die Bult, wat agter hom op die foto is. (Foto: Lennie Gouws)

Dit kom van ver af

Piet van Maarleveld, beter bekend as Oom Piet Fotokuns, was die universiteit se amptelike fotograaf toe dié foto in 1984 tydens ’n nuusgeleentheid geneem is. Saam met hom is Renate Janse van Vuuren, mediaskakelbeampte van die voormalige PU vir CHO, Louise Laubscher, verslaggewer van Beeld en ekself, toe Lennie Lombaard en verslaggewer van die Potchefstroom Herald. (Foto: Herald)

Beste mede-alumni,

 

Ons ken almal die spreekwoord “old soldiers never die ...” Daarom skryf ek hierdie brief – sodat een van die ikone van die voormalige Potchefstroomse Universiteit vir Hoër Onderwys (PU vir CHO) nie vergeet word nie.

 

Oom Piet van Maarleveld (89) is vroeg Donderdagoggend 19 Oktober 2017 oorlede. Vir my was hy ’n kollega, maar vir die studente van die PU vir CHO was oom Piet ’n legende – álmal het “Oom Piet Foudies” geken.

Sigaret in die mond, gewapen met sy kosbare supergroot Linhof-kamera, was hy oral op die kampus en langs die sportvelde van die universiteit.

 

Met sy tipiese Hollandse snydende eerlikheid het hy nie geskroom om die onderwerpe van sy foto's rond te skuif tot hy tevrede is nie. So het hy by die 250 000 foto's vir die PU vir CHO geneem wat tans in die NWU Argief bewaar word as die Piet Fotokuns-versameling.

 

Piet van Maarleveld is in Alkmaar in Nederland gebore en het in 1952 Suid-Afrika toe gekom om by Sasol te gaan werk. Sy meisie, Ina, het hom na Suid-Afrika gevolg en hulle is hier getroud. In 1958 het hy na Potchefstroom gekom om te studeer. Hy het foto’s geneem vir ’n inkomste en sy studies gestaak.

 

Hy het eers in 1983 die universiteit se amptelike fotograaf geword, maar het lank vantevore vir talle afdelings van die universiteit foto’s geneem. Sy ateljee op kampus was in die noordoostelike hoek van die kelder van die JS van der Merwe-gebou (E5). Vandag, teen ʼn venster, dui ’n plakker wat Fuji-film adverteer nog die plek aan.

 

Oom Piet het reeds in 1990 afgetree, maar het daarna nog vir enkele jare die Argief en Museum van die universiteit gehelp om die Piet Fotokuns-versameling te organiseer. Hy word oorleef deur sy vrou, ’n dogter en twee kleinkinders.

 

Vriendelike groete,

 

Lennie Gouws

(Brief verkort.)

 

 

die NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

KLIK

DEEL

<

>

Navigasie

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

mEER INLIGTING

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

X

Front page

 

On the front page photograph, Stephen Bogatsu (as Tyrone Jackson) dances with Lyrinda Venter (in the role of ballet dancer Iris Kelly).

NWU & U