Nuus

Die a capella-groep van die NWU se Ebukhosini-koshuis vermaak alumni tydens die gala-aand wat op 15 September gehou is.

Welkom, alumni!

Onlangse alumi-funksies op die kampus in Vanderbijlpark het iets vir almal gebied. Eers was daar die galafunksie vir die liefhebbers van glansryke geleenthede, gevolg deur ’n tuiskomsgeleentheid vir jong alumni, en uiteindelik die afskeidsfunksie van die finalejaarstudente wat binnekort alumni sal wees.

’n Aand om te onthou

 

Met die swart-en-goud-tema was die jaarlikse alumni-galafunksie op 15 September ’n ware rooitapytgeleentheid.

 

Clement Manoko, die uitvoerende direkteur vir korporatiewe verhoudinge en bemarking, het die gehoor tydens die formele program toegespreek en alumni en ander belanghebbers, onder andere die plaaslike Sakekamer, by die aand se verrigtinge verwelkom.

Die aand se vermaak het vir ’n verskeidenheid musieksmake voorsiening gemaak en almal se voete het na die eerste liedjie onwillekeurig begin saamtik.Die vertoning het met die kampus se eie Ebukhosini-koshuis se a capella-groep begin, gevolg deur die Afrikaanse musiekdiva, Liezel Pieters, en toe Brian Temba, wat die aand met strelende rhythm and blues-nommertjies afgesluit het. 

Terugkeer huis toe

 

“Welkom tuis, alumni!” Met hierdie woorde het prof Linda du Plessis, adjunk-visekanselier van die kampus in Vanderbijlpark, lede van die Jong Alumni-groep vir die jaarlikse NWU Alumni-tuiskomsgeleentheid op die kampus terugverwelkom.

 

By hierdie jaar se geleentheid op 30 September was daar meer as 300 van die Jong Alumni-groep wat op die groen walle van die Vaalrivier piekniek gehou het om vriendskap en die band wat hulle met hul alma mater deel, te vier.

Goeie musiek en ’n tradisionele braai het ’n feestelike atmosfeer geskep wat hulle aan hul studentedae herinner het.Dit was egter ook ’n partytjie met ’n doel: om fondse vir behoeftige studente in te samel. “Ons het so baie tydens ons tyd op universiteit ontvang dat ons wil hê ander moet dieselfde ontvang,” sê Mpho Mosia, ’n stigterslid van die Jong Alumni-groep.

’n Innige groet aan die finalejaarstudente

 

Daarna, op 13 Oktober, het die kampus in Vanderbijlpark hul finalejaarstudente, wat binnekort NWU-alumni sal wees, gegroet.

 

By hierdie geleentheid, wat by die lapa langs die rivier op die kampus gehou is, het prof Susan Coetzee-van Rooy, Waarnemende Adjunkdekaan: Navorsing van die Fakulteit Geesteswetenskappe, die studente uitgedaag om hulle te verbeel dat dit 50 jaar later is. Hulle moes toe drie dinge neerskryf wat hulle vir hul jonger weergawes sou sê om ná die gradeplegtigheid te doen. Sy het toe vir die alumnikantoor gevra om hierdie antwoorde elektronies te stoor sodat studente in die jare wat voorlê daarna kon terugverwys.

 

Sy het afgesluit deur hulle te verseker dat sy glo dat hulle vir die professionele lewe voorbereid is.

 

die NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

KLIK

DEEL

<

>

Navigasie

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

mEER INLIGTING

Tydens die afsluitingsfunksie vir finalejaarstudente het prof Susan Coetzee-van Rooy studente aangemoedig om die oorgang van student na alumnus aan te gryp, aangesien dit sal verseker dat hulle bande met hul alma mater nooit gebreek sal word nie.

Ou vriende ontmoet mekaar weer op die walle van die Vaalrivier tydens die jaarlikse tuiskomsgeleentheid.

NWU & U  |

NWU & U  |

X

Front page

 

On the front page photograph, Stephen Bogatsu (as Tyrone Jackson) dances with Lyrinda Venter (in the role of ballet dancer Iris Kelly).

NWU & U